Wegkruipertjie

Niemand hoef dit ooit te verdien
Kinders wat Ek gee
Dit gee Ek verniet
Kinders julle moet ophou om vir My liefde te werk

Kinders van Abba-God
Luister asseblief vir My
My genade is groot
Dit bly onverdiend

My kinders julle hoef nie
Daarvoor te werk nie
Asseblief hou op daarmee
Hou op om my te ‘impress’

Kinders van Abba-God
Besef julle nie
Wat Ek kom doen het aan die kruis
Dit was meer as goed genoeg

Kinders julle moet julle harte
Hoop, geloof en vertroue
Alles in die Kruis van Golgota
En My Seun se kruisdood sit

Alles het daar begin sê Abba
Alles het daar geeindig
Kinders julle moet leer om My te vertrou
Julle moet alles in My hande sit

Hou op om julle werke
Voor My te bring
Kinders hoor My hart
Dit beindruk My nie

Ja sê Abba-God
Liefste kinders Ek waardeer gehoorsaamheid
Wanneer Ek met julle harte werk
Ek wil hê julle moet dit weet

Ja sê Abba-God
Moenie My Gees en haar werk in jou vooruit loop nie
Sê Abba
Vertrou My, vertrou haar om die werk in julle te doen

Kinders julle moet My hart vertrou
Julle moet My toelaat
Om julle te wys, om julle te leer
Wat die waarheid is

Kinders van Abba-God
Julle moet julle oë en harte op My hou
So baie kere sê Abba-God
Wat My kinders verstrengel raak in wat hulle glo

My liefste kinders
Luister vir My
Ek wil dit nie hê
Hou asseblief op om My te probeer beindruk

Kinders dit gaan oor soveel meer as dit
Sê Abba-Vader
Verstaan julle nie My kinders
Ek is GROOT

Ek het nie julle werke nodig
Om julle te regverdig nie sê Abba
Dit is alles Ek
Dit is alles die bloed van My Seun

Kinders julle moet vasstaan
In Geloof
In wat die waarheid is
En nie net soos wat julle voel

Kinders van Abba-God
Asseblief vertrou My hart
Kinders wat My eer
Al weet hulle nie aldag hoekom

Kinders van Abba-God
Luister asseblief vir My
Kom luister na die klop van My hart
Kom vind uit wat rerig vir My belangrik is

Hou asseblief op om julle eie agendas
Rondom My Woord te bly bou
Kinders Ek wil hê julle moet weet en glo
Ek is groter as wat enige iemand kan dink

Ja sê Abba-God
Dinge werk nie altyd
Soos julle wil of soos julle dink nie
Kinders Ek is groter, soveel groter

Hou asseblief op vra Abba
Om al hierdie mooi en wonderlike goed te doen
En dan te dink dat dit My beindruk
Kinders dit doen nie, glad nie

Hoor My hart vra Abba-God
Hoor My
Kinders dit beteken vir My soveel meer
Wanneer iemand in diep aanbidding en nederigheid voor My bly buig

Hoekom doen julle dit nie eerder nie
Vra Abba
‘n Gebroke, arm en honger gees
Dit sal Ek nooit wegwys

Kinders bring My jou hart
Bring My jou lewe
Bring My jou totale gebrokenheid
Nie net die goeie werke waaragter jy wegkruip

Kinders verstaan julle nie
Ek soek soveel meer as net julle gehoorsaamheid
Julle goed-vertoon in die vlees
Ek soek julle alles

Begin ‘n bietjie om jouself
Voor My oop te breek
Kind wanneer Ek en jy alleen is
Bring My jou gebrokenheid

Kind verstaan jy nie
Ek wil julle vul
Vul met My genade
En liefde groot

Kinders van Abba-God
Luister asseblief vir My
Hou op om agter jou goeie werke weg te kruip
Kom liefste kind in volheid na My

Ek maak jou nuut My liefste kind
Ek gee jou hart hoop soos jy nie kan glo
Ek gee jou ‘n verwagting vir die toekoms
Iets om waarlik na uit te sien

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment