Dankie Vader-God
Vir U genade en liefde-hand
Sonder U is ek niks
U kyk regdeur my
U sien my vrees
U sien my swakheid
Tog bly U lief vir my
Sê my Heer … hoe kan dit tog wees?
My liefde is groter
As jou swakheid
My liefde is groter
As jou vrees
Ek is by jou
Vir altyd sal dit so wees
Hou aan glo
Vertrou My
Daar is geen rede
Om bang te wees
Ek is by jou
Dit sal altyd so wees!