Watter voorreg!

Liewe Koning
Ek loof en prys U Naam
Ek sê dankie
Vir liefde so baie groot!

Dankie dat U my liefhet
Dankie dat U gekom het vir my
Soos man en vrou
Wil ek ook hê ons verhouding moet groei!

Ek wil hê U moet meer word in my
Ek wil hê U volheid moet heers in my
Die beste van wat U wil gee
Dit wil ek als hê!

Ek wil nie iewers in die middel opgee nie
Ek wil aanhou
Die beste wat ek kan wees
Dit wil ek wees!

Ek wil U loof en prys
Elke liewe dag van my lewe
Ek wil U naam verhoog
Ek wil vir ewig sing

Oor die beste liefde ooit!
Oor genade wat stukkende mense kom haal
Oor ‘n Hemelse Vader wat so baie omgee
Oor ‘n Koning wat ons gaan kom haal!

Meer,  meer, meer!
Meer wil ek soos Jesus word
Dat hierdie wêreld kan sien
U is die God wat bo alle ander uittroon!

Niemand het of kan ooit met U vergelyk
U liefde vir my
Verdien ‘n lewe wat U bo alles prys!
Wat U naam besing!

Jesus dankie dat ek myself kan wees
Dankie dat U verstaan
Dankie dat U my elke keer kom haal
Dankie Heilige Gees dat U my altyd meer kom leer

Dis so ‘n voorreg om U te ken
Dis so ‘n voorreg om U kind te wees
Dit is so ‘n voorreg om te weet U is altyd daar
Om mee te gesels, om voor lief te wees!

Dit bly so lekker
Om te weet U gee om vir my
Dit bly so lekker
Om te weet daar is niemand soos U

Daarom wil ek aanhou oorgee Jesus
Ek wil hê U moet meer word in my
Die vreugde en die Lewe wat ek in U vind
Geen iets, niks ooit kan daarmee vergelyk

In die son
In die reën
In die wind
Word U altyd meer

Ek weet U genade
Sal my altyd dra
In myself kan ek nie
Maar in U kan ek o Heer!

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment