Ewige God
Dit is U Naam
Mooier as die mooiste mooi
Die Ewige Ek Is
Etiket: lofprysing
-
Genade-groot
U is die Een
Wat waarheid is
U is die Een
Waarin net Lig woon -
Enigste Een
U is die Enigste Een
Wat aan die mensehart
Hemelse vrede
Kan gee -
Ewige Koning
Dankie vir wat U kom doen het
In en vir my
Nooit sal ek kan ophou getuig
Van U wonderlike groot liefde vir my en elkeen -
Altyd in beheer
Glorie tot die Koning
Dit is wat my hart wil bly sing
Omdat daar niemand
Soos my ewige wonderlike Koning is -
Wonderbaarlikste Koning
Wie U is
Is Pure Goud sowaar!
Dankie Abba
Dankie daarvoor -
Liefdevolle Ogie
Ons wil juig en sing
Van U liefde groot
Ons wil in aanbidding
Bly neerbuig -
Ek wil net sê
U is die Een
Wat Ware Lewe gee
Ek is so bly
Ek het het U gevind
