Ek wil net sê

U is die Een
Wat Ware Lewe gee
Ek is so bly
Ek het het U gevind

Ek is so bly
Ek het U op ‘n dag ingenooi
Ek is so bly
Ek het vir U ja gesê

Om U ‘n kans te gee
Is so die beste ding
Wat enige iemand
Ooit kan doen

Abba-God
Ek is so lief vir U
En ek wil
Dit net vir U sê

Ek weet dis U genade
Wat my so styf vashou
Ek sien dit, ek erken dit
Ek bely dit

Wie ek is, is alles U
Ek weet nie meer
Hoe om sonder U in my lewe
Te leef

Abba-God en dis vir my ‘n wonderlike ding
Want om U te ken
Om U te hoor
Dit is vir my die lewe Heer

Daar is niks wat ek in hierdie lewe
Meer begeer
As om vir U ‘n helder lig
In hierdie wêreld te wees

Abba daarom
Wil ek bid en sê
Gebruik my lewe
Net soos wat U goeddink

Ek wil veraltyd
Naby aan U wees
Dit is my grootste gebed
Sal U my asseblief trou hou

Sal U maak en help
Dat ek U
Elke dag van my lewe
Nog liewer het

Sonder U is daar niks in hierdie lewe
Wat vir my betekenis inhou
U is wat hierdie lewe
Soveel sin gee

My liefste God
Ek wil U meer vertrou
Ek wil vir U sê
Dat U my lewe en anker is

Abba-God dankie dat U my vashou
Dat U my altyd meer leer en wys
Dankie Abba-God vir wie U is en wat U beteken vir my
Baie dankie daarvoor, aan U al die lof en eer

Waar sou ek wees sonder U genade-hand
Daaraan wil ek nie eers dink
Ek wil net dankie sê
Dat ek nou by U is

Dankie my liefste God
Ek bring aan U alleen
Al die lof en eer
Dankie, baie dankie vir wie U is

Halleluja, Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment