Wit & Swart

Keer terug na My
Liefste wêreld
Asseblief keer terug na My
Dit is wat Vader vra

Asseblief liefste kinders
Asseblief
Julle kan nie aanhou uitstel nie
Dit is tyd dat julle kom na My

Dis nie goed nie sê Abba Vader
Dat daar soveel afstand is
Tussen My en jou
Liefste kind Ek wil hê jy moet nader kom

Weet jy sê Vader-God
Dat niks My blyer maak
As jy hier styf en naby
Daar is niks wat My blyer maak

Ek verlang vir ons twee
Om verhouding te bou
Om op ‘n plek te wees waar ons
Elke dag net liewer vir mekaar word

My liefste kind
Dit is My hart vir ons
Ek en jy
Verskriklik naby

Ek wil hê en vra
Dat jy die klop van My hart
Sal leer ken
Ek wil hê dat jy rerig nader sal kom

Wat is daar wat jou weghou
Liefste kind
Wat is daar wat jou verhinder
Wat maak dat jy nie kan kom?

Soveel struikelblokke tussen My en jou
Sê Vader-God
Maar saam sal ons hulle oor
As jy net rerig wou

My liefste kind
Moet asseblief nie bang wees om nader te kom
Wat belangrik is vir My
Sal Ek deur My Gees op julle harte skryf

Al wat Ek vra sê Abba-God
Is dat julle nader sal kom
Rerig sal omgee om te ontdek
Wie Ek waarlik is

Ek is nie
Soos baie van julle dink
Ek is sag
Ek is nie hard en koud

Ja sê Abba dit is waar
Dat sonde nie ongestraf sal bly
Die wat daardie pad wou aanhou loop
Sal liefste kind die vergelding daarvan ontvang

Ek en sonde is nie een nie
Sê Abba-Vader
Die rebellie in julle harte
Ek kan nie daarmee werk

As julle My rerig geken het
Sê Abba-Vader
Sou julle rerig so bly wees
Julle sou verstaan dat dit so die mooiste ding is

My liefste kinders
Kyk na al die prente
Wat julle so gereeld kyk
Wen ‘good’ en ‘evil’ ooit altyd saam?

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet dit weet
Ek is en bly die goed in hierdie lewe
Die vyand en sy dinge bly die sleg

Daar moes van die begin af
Goed en Sleg wees
Daar moes wit en swart wees
Sodat julle kon weet

My liefste kinders
My hart was nog altyd vir julle
Om die goed-vir-My op te tel
En alles wat swart is, nie-van-My neer te lê

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet dat Ek op die einde wen
Goed wen altyd
Dit is mos hoe ook julle daarvan hou

Julle hou daarvan
As geregtigheid op die ou end geskied
Net soos Ek en glo vir My
Dit sal so wees

Die wat aanhou met sonde
Gaan haar vergelding ontvang sê Abba
Nie omdat Ek wou
Dis nie hoe Ek daarvan hou

Ek wil nie hê dat julle
Haar vergelding moet ontvang nie
Sê Abba-God
Hoekom anders sou Ek My Seun vir julle stuur?

Ek het geweet dat die loon van sonde
Swart kies
Ewige Dood is
Dit sal vir ewig uitgeroei word

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet kom
Ek het ‘n Weg gemaak
Vir almal om weer hul pad na My te vind

My liefste kinders asseblief
Kom nader
Kom hoor hoe My hart klop
Kom hoor hoe Ek vir jou is

As die kinders op hierdie wêreld
Se oë net wou oopgaan
As dit net wou oopgaan vir My
En wat die waarheid is

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet uitkom
By die mooi in hierdie lewe
Ek wil hê julle moet wat sleg is neerlê

Ja My liefste kinders
Dit is waar
Die bloed van My Seun het jou verlos
Die bloed van My Seun sal jou genees

Maak oop jou hart sê-vra Abba
Maak oop jou hart en nooi My waarlik in
Wie Ek is My liefste kinders
Wil Ek so graag met julle deel

My liefste kinders Ek gee om vir julle
Ek gee om vir julle
En Ek wil nie hê 1 mens moet gaan
Na die plek van Ewige Duisternis

My liefste kinders Ek het gekom
Sodat julle Ewige Lewe kon terugvind
Ek het gekom sodat julle
Vir altyd en ewig by My kon wees

Lig en Duisternis
Sal nooit een wees nie
Sê Abba-God
Dit is hoekom daar ‘n hemel en ‘n hel is

Hel is vir die duiwel
En sy trawante gemaak
Hulle wat gekies het
Om duisternis bo Lig lief te hê

My liefste kinders
Dis julle eie keuses
Wat julle daarnatoe stuur
Dis julle wie hy mislei

Ja sê Abba-God
Hy kyk wie hy saam met hom kan neem
Hy wil so nie alleen
Eendag daar wees

Hy kyk hoeveel van My Skepping hy kan verlei
Hy kyk hoeveel hy kan kry
Wat saam met hom nie lig
Maar duisternis liefkry

My liefste kinders
Dis so gevaarlik
Sê Abba
Om sonde bo My lief te hê

Kinders die prys van sonde
Dit wat sy
In julle lewe inbring
Dit is bitter-swaar

My liefste kinders asseblief
Luister asseblief vir My
Ek wil nie hê jy moet die wêreld
En haar weë bo My bly kies

My liefste kind haar weg is die Dood
Jy sal geen Lig daarop vind
Asseblief My liefste kinders
Asseblief kom kies vir My

Kom kies My voluit sê Abba
Asseblief moenie nog halfpad
Op Myne wil loop
En halfpad op hare

Nee My liefste kinders asseblief
Dit is sulke gevaarlike grond
Sy gaan julle altyd weer probeer verlei
Sy gaan julle altyd terug na duisternis wil lei

My liefste kinders
Staan sterk!
Asseblief staan sterk
In en deur jou God kan jy!

Deur die bloed en dood van My Seun
Is jy bevry!
Met die hulp van My Gees in jou
Moet jy net groei in My

As jy elke dag net liewer word vir My
Sal jy by soveel vreugde uitkom
My liefste kind
Julle sal sien hoe al die mooi julle begin omring

Liefste kinders verhouding met My
Is so die wonderlikste ding
Dit is wat jou in hierdie lewe
Tot op die einde styf geanker hou

Maak net seker
My liefste kinders
Dat julle elke dag
Verhouding bou met My

Maak seker dat julle
Daagliks groei in My
Een keer gered, altyd gered
Dit is nie waar

My liefste kinders
Julle saligheid kan julle verloor
As julle nie leer
Om My bo sonde lief te kry

My liefste kind Ek wil hê jy moet weet
Ek is altyd naby
En stap vir stap
Sal Ek jou meer leer van My

My liefste kinders
Asseblief luister vir My
Alles wat julle in hierdie lewe kan nodig kry
Dit is in My!

Weet dit sê Abba-God
In My Seun is jy wit
Onthou net wie jy is
En loop dan net daarin

Moenie soos die wêreld aanhou loop nie
Sê Pappa-Vader
Spandeer tyd met My
En Ek sal vir jou wys

My liefste kinders
Tyd saam met My
Elke dag, baie dikwels
Dit moet ‘n prioriteit bly

My liefste kinders
Dis hoe Ek met julle praat
Dis hoe Ek My boodskappe
By julle uitbring

Ja sê Abba-Vader
Daar is baie maniere
Waarop Ek met My kinders praat
Maar Bybel-lees dit moet die fokus bly

My liefste kinders
Dis hoe Ek julle gees laat groei
Dis hoe julle konneksie met My
Bly behou

Soos wat julle vlees
Elke dag gevoed moet word
So moet ook julle gees
Elke dag kos kry

Asseblief My liefste kinders
Asseblief glo My
Met My in jou
Is sonde alreeds oorwin

Nou moet ons net die pad loop
Sê Abba
Van jy wat bly groei in My
Jy wat My liewer kry

My liefste kind
Dis is die mooiste pad
Dis waar Ek jou meer van My begin leer
Dis waar Ek jou waarlik bevry

My liefste kind
Om in verhouding met My te bly staan
Dit is en bly
Waarlik goud

Moenie dat daar sulke lang tye verbygaan
Voordat ons bymekaar uitkom nie
Nee sê Abba-Vader
Kom ons bou verhouding elke liewe dag

Net soos verhouding
Tussen twee mense op aarde
Dit is hoe dinge ook
Tussen My en jou moet werk

Ek wil nie hê
Dat ons twee vreemdelinge moet bly
Ek wil hê dat ons waarlik
By mekaar se harte sal uitkom

My liefste kinders asseblief
Vertrou My hart
Begin die swart saam met My neerlê
Sodat jy die rykdom in die Gees kan vind

Ek wil soveel mooi dinge
Vir jou gee
Ek wil soveel mooi dinge
Vir jou wys

Liefste kind asseblief
Dit kan net gebeur
As jy begin om die vlees
En sy begeertes neer te lê

Ek is lief vir jou
My liefste kind
Al wat eintlik moet gebeur
Is dat jy luister vir My

My Gees sal altyd
Met jou hart bly werk
Saggies vir jou bly vertel
Wat My hart bly maak

Eintlik is al wat jy moet doen
Net luister vir My
Luister asseblief as Ons jou lei
En spandeer tyd saam met My

Dis al wat nodig is
Om ‘n lewe van oorwinning te leef
Die bloed van My Seun
En ‘n liefdevolle verhouding met My

Dis al My liefste kinders
Al
Ek is so bly julle het gekom
Ek is so bly julle het ja gesê

Dis al My liefste kinders
Al wat Ek so graag wil hê
Verhouding met My
Jy wat ja sê as Ek vra

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment