Altyd in beheer

Glorie tot die Koning
Dit is wat my hart wil bly sing
Omdat daar niemand
Soos my ewige wonderlike Koning is

Hy is en bly in beheer
Selfs al wil die wêreld
Die vyand, soveel dinge
My anders oortuig

My liefste God is in beheer
Dit sal Ek bly glo
U Woord
U wat sê dat dit so is

Al vang dinge van hierdie wêreld
Ons dikwels onkant
Sal ons saam met U deurdruk
Omdat ons weet U alreeds daarvan weet

Al is dit partykeer moeilik
Al maak die wêreld en sy dinge
Die slegte nuus wat ons omring
Ons dikwels baie moeg

Vader ons wil aan U bly vashou
U Seun wat sê:
Ek het alreeds oorwin
Hou asseblief jou oë op My

Liefste kinders
Ek sal julle lei
Ek sal julle leer
Hoe om die slaggate van die lewe te vermy

My oog sal op julle wees
Ek is altyd die Een
Wat naby julle is
Wat julle help om moed te behou

Ek is altyd besig
Om My kinders moed in te praat
Om vir hulle te sê
Hulle kan

Hou julle oë op My
Hou julle oë asseblief op My
En weet dat Ek julle
Deur die rofste storms sal bly dra

My liefste kinders asseblief
Al raak dit somtyds moeilik
Om My te vertrou
Wil Ek vra dat julle sal aanhou

Die vrugte van geloof
Is mooi My liefste kinders
En julle gaan dit pluk
As julle weier om in te gee

Moenie moed opgee nie
Dis nie nodig nie My liefste kinders
Weet asseblief
Dat Ek groter as die wêreld en jou probleme is

Ja My liefste kinders
Ek het alreeds oorwin
Ek is die Antwoord
Op alles wat jy ooit in die gesig kan staar

Ek sal saam met jou daardeur
My liefste kind
Want Ek self is die Een
Wat My kinders in die moeilikste tye van hulle lewens dra

Hou vas
Wees sterk en vol moed
Weet dit My liefste kind
Saam met My gaan julle dit beslis maak

Moet jou oë
Nooit van My afhaal nie
My liefste kind asseblief
Vertrou die mooi van My hart

Vertrou wie Ek is
Waarmee Ek besig is
En dat Ek altyd-altyd in beheer bly
Dit is hoe dit is en altyd sal wees

Halleluja
Glorie tot die Koning
Vir altyd en ewig
O ja

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment