Moenie opgee nie liefste kind
Ek sal dit vir jou voleindig
My oog is op jou
Asseblief weet dit
Nooit sal Ek opgee
Jou verlaat
Nee deur elke storm sal Ek jou dra
Baie naby aan jou wees
My liefste kind
Jy kan My vertrou
Jy kan altyd weet
Dat Ek My oog op jou sal hou
Moenie dink aan opgee nie
My liefste kind
Moenie dink aan handdoek ingooi
Of moed opgee
My liefste kinders
Weet dit asseblief
Dat Ek altyd
Altyd naby aan julle is
My oog is op julle
My liefste kinders
Ek gee ewig om vir julle
Ek wil hê julle moet dit weet
Moenie toelaat dat die afstand
Tussen ons groei nie
My liefste kind
Maak seker dat dit nie daar is
Bly naby aan My
My liefste kinders
Trek nader en weet
Dat Ek altyd daar is
My oog is op julle
My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Daar daar niks is waarvan Ek nie alreeds weet
Geen storm vang My onkant nie
Sê Abba-Heer
Dit is hoekom jy My kan vertrou
Jou oë op My bly hou
Al is die storms van die lewe
Nie aldag vir jou lekker nie
My liefste kind
Kan Ek selfs dit gebruik om vir My eer te bring
My liefste kinders asseblief
Hou julle oë op My
Moenie ooit dink aan opgee
Weet dat dit met My nooit nodig is
Ek het My beste gegee
My alles
Sodat jy en elke mens op aarde kan weet
Hoe baie Ek julle liefhet
‘n Liefde waarin jy
Kan bly glo
‘n Liefde wat hierdie mensdom
Nooit in die steek sal laat
My hart is altyd om julle nader te bring
Nie te verwyder
Ek bid dat hierdie wêreld
Dit sal begin weet
Ek is die Een wat ewig is
Die Een op wie julle altyd kan vertrou
Die Een wat julle sterk maak
Die Een wat altyd by julle is
Amen.