As die vuur wat brand in jou
Net Myne was sê Hy
Als sou soveel anders kon wees
Soveel anders
As dit net Myne was
As dit net Myne was
As dit net Myne was
Vra Hy
Die wêreld sou jy kon aansteek
Met My Lig wat in jou brand
Elke mens wat jy ontmoet
Sou kon sien daar is LIG wat skyn
Maak dit Myne vra die Heer
Asseblief maak dit Myne
Laat My toe om in te kom
Alle duisternis te verdryf
Jou hartsdeur moet oop
Sê my hoor jy die slae van My klop?
Hulle roep, smag na jou
Hulle weier om te stop
My LIG
My LIG
Dis wat kort in jou hart
Jou lewe behoort te weet Ek is sy enigste hoop
Maak die Lig in jou
Myne vra die Heer
Laat dit brand
Laat My toe om helder te skyn
So sal die wêreld kan sien
EK IS
Ek leef
Ja, waarlik ook in jou!