Belangrikste van als

Ken jy My
Ken jy My rerig
Dit is wat ons Abba Vader
Wil weet

So baie kere
Dat My kinders dink
Hulle weet wat vir My belangrik is
En eintlik dan sit hulle die pot so vêr mis

My kinders
Julle moet kom weet
Ek het ‘n sagte hart
En Ek gee om wanneer mense seer het

Sê vir My
Vra Abba God
Jy wat dink dat jy My so goed ken
Weet jy hoe om liefde aan jou naaste uit te deel

Want dit is die toets
Vir almal wat dink dat hulle My ken
Hoe lyk jou naasteliefde
Dit is wat Ek van jou wil weet

Want ja sê Abba
Dit bly vir julle so maklik om te stry
Oor dit wat die waarheid is
Of wat nie

Pappa sê My kinders
Julle moenie toelaat dat hierdie gesoek na aardse wysheid
Julle aandag aflei
Van dit wat rerig vir My belangrik is

Abba se kinders
Sê My Woord nie
Ek gee meer om oor barmhartigheid wys
As offers op ‘n altaar bring

Ja My liefste kinders
Ek besef en weet
Julle is so angstig om waarhede na te jaag
Dat julle die belangrikste uit die oog verloor

My kinders nee
Asseblief
Julle moet nooit agterlaat
Die liefde wat Ek wil hê jy moet aan jou naaste bewys

Ja sê Abba Vader
Al is dit nie maklik nie
Al is dit so moeilik met tye
Wil Ek vra dat jy asseblief sal aanhou daarmee

Niks is belangriker
As om om te gee
En liefde te wys
Net soos die Barmhartige Samaritaan

Ja sê Abba Vader
Moet laat niks jou terughou
Weet asseblief wat vir My belangrik is
En dit is dat jy jou naaste moet liefhê

Wie is my naaste
Wil almal altyd weet
My kinders dit is almal
Wat jou elke dag omring

Ja sê Abba Vader
Moenie party mense uitsonder
My Seun sou dit nie doen
Nou hoekom doen jy?

Nee My liefste kinders
Asseblief
Julle moet almal liefhê
Die Koning en een wat op die strate bly

Abba sê kinders
Daar is geen verskil
In My liefde vir hulle nie
Hoekom dan by jou?

Nee My kinders
Asseblief
Ek vra dat julle mense sal behandel
Soos wat jy graag wil hê hulle moet met jou doen

Daar is geen onderskeid
Sê Abba Vader
Dit is My hart
Sal julle dit asseblief begin weet

Pappa sê
My kinders het julle geweet
Dat dit vir My die belangrikste is
Jy wat jou naaste liefhet soos jy self

En ja sê Pappa
My kind as jy net die 1ste gebod
‘n Prioriteit wou hou
Sou jy die 2de een soveel makliker reg kry

Wees lief vir God
Met jou hele hart, krag en verstand
En tweedens jou naaste soos jy self
My kind dit is die kruks van alles wat jy nastreef

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment