Bewondering

U liefde is sag
Help ons asseblief Pappa
Elke mens op hierdie aarde
Om U beter te leer ken

Vriende van die wêreld
Vyande van God
Dit is wat Jesaja ons noem
Elkeen wat die wêreld liewer as ons God het

Ek wens ek het geweet
Ek wens mense het besef
Dat om God liewer te kry
Die mooiste ding is wat kan gebeur

Ek wil ‘n vriend van Abba-God wees
Dit sê ons altyd so bly
Altyd so vinnig
Sonder dat ons eintlik besef die prys wat ons moet betaal

Want ja ‘n prys moet ons betaal
As ons God liewer wil kry
Ons moet leer om vir die sonde en wêreld nee te sê
Sodat God se volheid binne ons kan woon

Ja sê Abba-God se kinders
Dit is maklik
Ons gaan nooit seerkry
Ons gaan net aan soos voorheen, geen probleem

Liefste Pappa se kinders
Dis juis waar baie van julle
My kinders
Die pot bly mis sit

Gereeld noem julle julself
Kinders van Abba-God
Of is dit nou Christene
Sonder om ‘n enkele tree in Jesus se voetspore te loop

Liefste kinders
Hoe kan dit dan wees
Hoe kan julle aanhou om die wêreld so mooi te dien
En steeds sê dat julle My liefhet

Liefste kinders
Pappa wil net vir julle vra
Rerig kan Ek
Om My asseblief liewer te kry

Ja sê Pappa-God
Want My kind
Jou liefde vir My is nog nie groot genoeg
As jy aanhou nee dankie vir My sê

Ja sê Pappa-God
Vir Sy liefste kinders
Julle weet My kinders
Dit is waar die probleem bly lê

Julle is altyd baie gretig
Sê Pappa-God
Om Jesus in te nooi
Sonder om ooit te wil hê dat dit verandering meebring

Ai My kinders
Kan Pappa julle vra
Kry My liewer
Asseblief baie liewer as wat jy My nou het

Pappa-God sê
My liefste kinders
Vir baie van julle is Ek ‘n vlietende oomblik van bewondering werd
En dan vergeet julle weer baie gou van My

Ai Pappa se kinders
Kan Ek julle vra
Asseblief laat toe
Dat die bewondering teenoor My in jou hart toeneem

Ja sê Abba-God
Vir Sy kinders
Dis iets wat Ek so baie verdien
Maar so min ontvang van die kinders wat op aarde woon

Ja Abba-God se kinders
Kan Ek vra
Asseblief bewonder My
Soos wat Ek verdien

Ek lief julle
Liefste seuns en dogters
Van die wêreld
Ook die in My hart

Vir My is daar
Geen uitsondering
Wanneer dit by een van julle kom
In My oë is julle almal waarlik gelyk

Kinders sê Pappa
Sal julle dit asseblief onthou
Die kere wat julle val
En Ek julle weer wil optel

Onthou asseblief altyd kinders
Dat julle goed genoeg is
Waardig
Omdat Ek so sê

Ja sê Abba-God
Vir elke kind
Dis My Seun in en deur elkeen van julle
Wat julle waardig maak

Ja sê Abba-God
Aan Sy kinders
Ek het die waarde wat Satan van julle gesteel het
Kom herstel

Daarom liefste kinders
Moet julle altyd aanhou opstaan
Altyd weer probeer
Tot daar nie meer kanse is

Oor en oor
Kan julle maar probeer
Sê Pappa-God
Ek sal nooit op julle opgee

Liefste kinders
Pappa vra julle net
Kom asseblief
Nader aan My

Die mooiste geskenke
Lê vir julle en wag
As Ek julle net kon kry
Om ja te sê daarvoor

Liefste kinders
Die betowering van die wêreld
Kom nie naby Myne
Ek wil dit net graag vir julle sê

Ja sê Pappa-God
Baie kere wat julle verlei word
Met die mooiste woordjies
o So soet op die oor

Kinders kan Ek julle kry
Om te glo
Pappa-God se kinders
Ek is soveel meer as net ‘n mooiheid op die oor

Ek is die mooiste mooi
Wat hierdie wêreld ooit
Deel van haarself kan hê
Sal julle My glo

Ja sê Pappa-God
Baie meer My kinders
Baie meer
Dit is wie Ek is

Daarom
Sal julle asseblief nader kom
Sal julle kom sien
God is groot

Goed en Waardig
Dit is My twee name
Waarvan Ek die meeste hou
Dit beskryf My waarde en vertel dat Ek altyd getrou is

Ja kinders
Abba-God se kinders en die van buite
Ek is altyd goed
Dit is wie Ek is

Ek vertel dit so gereeld aan julle
Ek wys dit oral-oor
Tog is daar nog soveel wat dit glad nie glo
Niks daarvan wil weet

Blindheid het julle geslaan, verseker
Hoe dan anders
Met waarheid wat jou in die gesig staar
En jy wat niks daarvan sien

Ai Abba-God se kinders
Ek wil julle nader nooi
Kom sien asseblief
Kom vind waarvan Ek nou hier praat

My lewe het Ek afgelê
Sê die Seun
Afgelê vir julle wat sou kom
Ook die wat steeds nee sê

Ja vir elkeen het Ek gekom
Sê Abba-God
Nie een van julle het Ek oorgeslaan
Of sal Ek ooit

Wawyd oop sê Pappa-God
Is die deur na My hart
Kom klop asseblief aan Hom
Sodat Ek jou na binne kan nooi

Abba-God se kinders
Julle is vir My so mooi
Die wat al gesê het ja
Ook die wat nog sê nee wag dis nie vir my

Ek het soveel mooiheid
In julle elkeen gesit
Die dag toe Ek julle gemaak het
Weet julle dit

Abba-God se kinders
Kom net nader aan My
Elkeen van julle wat voel
Daar is geen potensiaal in my

Abba-God se kinders
Asseblief moet dit nie meer sê
Ek het gedroom oor jou lewe
Drome baie groot

Groot, groter, grootste
Dis die tipe drome wat Ek gedroom het vir julle
Elkeen van julle wat nou sê
Dit lyk so onmoontlik

Nee My liefste kinders, nee
Al wat Ek altyd vra is
Kom net na My
Kom vra na die drome wat Ek gedroom het oor jou

Baie, baie potensiaal sê Abba-God
Is opgesluit in My kinders
Party gebruik dit
Ander glad nie

God se kinders
Sal julle My asseblief hoor
Wanneer Pappa vra
Kom nader aan My

Kom sê ja sê Pappa-God
Vir alles wat is van My
Asseblief
Moenie meer daarvoor nee sê

Julle het nie ‘n idee wat julle wegwys
Julle dink dis klein
Kind Ek sê vir jou
Dis onnaspeurlik diep

Ja kinders asseblief
Kom
Kom krap asseblief in julle Pappa se hart rond
Kom soek die skatte diep

Die mooistes is nog nie gevind
Hulle lê nog diep
Wag vir die wat bereid is
Om te kom soek daarvoor

Die mooiste skatte
Wat hierdie wêreld kan oplewer
Sê Pappa
Is in My hart

Ja sê Pappa
Ja dit is so
Tog sal mens dit nooit sê
As jy sien hoeveel kom soek daarvoor

Ja sê Pappa-God
Dit is min
Goeie goed is skaars
Dis mos wat die wêreld sê

Ja sê Abba
Ek verstaan ook nie altyd
Die wêreld is altyd so ywerig
Oorgretig om vir die verkeerd te gaan soek

En jong
Dan maak dit hulle bly
Al die verkeerd
Wat hulle opspoor

Ek kan nie verstaan nie
Sê Pappa-God
Ek kan nie glo dat daar so min in die wêreld is
Wat ja sê en opgewonde raak oor dit wat goed en reg is

Ja sê Abba-God
Altyd vuiler
Altyd vuiler
Dit is die wêreld se mense se konstante vra

Nee wat dit beindruk My nou glad nie sê Abba-God
Om te bly stink
Soos ‘n asblik met haar vullissakke
Dit is nou nie iets wat My aantrek

Nee wat dankie, nee wat
Ek hou baie meer van wat Ek nou het
Skoon, eerlik, opreg
Dis die kwaliteite waarna Ek vra

En weet julle sê Abba
Dis maar wat Ek altyd in die harte van My kinders probeer deponeer
Om te glo soos kinders
Sodat hulle die ewigheid kan ontvang

Ja My liefste kinders
Asseblief
Hou op om die wêreld te blameer
Vir dit wat julle glo

Elke mens het ‘n keuse
Gaan julle vir My luister
Of die wêreld
Watter een

Liefste kinders
Soveel-soveel meer
Wil Ek waarmaak in julle lewens
Sal julle glo?

Die kanse om te verbrou
Is altyd daar
So ook al die kanse om reg te maak
En weer te probeer

Liefste kinders
Kom nou
Asseblief
Kom lê gerus als voor My neer

Ek kan nuut-maak
Ek kan ‘n nuwe begin aan jou gee
Doen dit dan asseblief vandag
Kom terug na My

Keer terug sê Pappa-God
Asseblief
Ten volle
Totaal en al

Kinders sê Pappa
My hart is seer
Rerig seer as julle My bly wegwys
Asseblief moet dit nie meer doen

Kanse op kanse
Gun Ek julle altyd
Tog hou julle aan met nee sê
Hoe kan dit dan wees

Nee liefste kinders
Nee asseblief
Begin om My te omvou
Begin om My waarheid liewer te kry

Kinders as julle net waarlik moeite sou doen
Om My beter te leer ken
Sou julle sien
Sou julle weet

Daar is niemand beter op hierdie hele aarde
Geen beter een
Dit kan julle gerus glo
As die een wat julle nou leer

Ja kinders dis Ek
Julle liefste Pappa van bo
Die ewige mooi Een
Die Een wat nou met julle praat

Weet julle wie Ek is
Het julle My al na binne genooi
Dit is wat Ek vra
Die ewige mooi Ek Is

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment