Blinde Harte

Ons hou ons besig met soveel dinge
So baie
Ewigheidswaarde?
Dit is min

Mag ons sien
Dit wat van U is
Mag ons sê totsiens
Aan alles wat ons weerhou van U

Ons planne is so dom
Tog dink ons hulle is slim
Ons skryf ons Skepper uit die Begin
Hy wie sê Ek Is

Vader hoekom is dit so?
Ons bly so slim
Tog is ons so dom
Ons harte wil net nie leer

Help ons om te sien
Maak oop die blinde oë
Verwyder van ons
Dit wat ons skei

Bring ons nader aan U
Mag ons U stem hoor
In ons harte
Laat dit sing

Ons eer U
Ons loof U
Ons aanbid U
Wie is daar soos U?

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment