Ek is die Fontein van Lewende Water
Sê Abba-God
Almal wat na My toe kom
Sal nooit weer dors kry
Kategorie: Lofprysing
-
Lewende Water
-
Snoesige Kombers
Hou op nee sê
Liefste wêreld
Hou op sê
Julle het My nie nodig nie -
10 000 Miljoen kere oor
My hart word so bly
So diep dankbaar
Wanneer ek die woorde
Van my Pappa-God hoor -
Die vreugde in my
U besit my hart
U is die Een
Wat daarbinne
Woon -
Groot Vreugde
Soveel vrede en rustigheid
Het U in my hart gebring
Abba Vader hoe sê ek dankie
Ek hoop U weet dis U wie Ek bemin -
Koning van my Hart
Glorie tot die Koning
Glorie aan U Naam
Dit is die loflied
Wat my hart hier diep binne sing -
Flenters van Liefde
Jesus se liefde
Breek my hart
In klein flenter stukkies
Geen voorgee net totale oorgee -
Lofwaardig
Lof, aanbidding en eer
Kom ons Koning toe!
Hy is so lofwaardig
Kom aan almal en loof ons Koning daarbo!