Dankie dat U my kom haal het
Vader-God
Dankie dat U my kom haal het
En weer gebring het tot hier
Dit maak my hart so bly
Om te weet U gee so baie om vir my
Ek wens dit was vroeër
Tog is ek so bly ek is nou hier
Aan wat was
Kan ek niks verander
Ek kan net daaruit leer
En seker maak dit gebeur nie weer
Ek weet daar was ‘n plan
Ek weet U was daar
Toe kom daar ‘n tyd
Sonder U volheid in my
My hart het bly terug verlang
Ek het so gehoop dit kon weer wees
In my lê diepe dankbaarheid
Oor dit wat U kom doen het liewe Heer
Dankie vir U Gees
U wysheid, U leiding
U krag
Dit beteken so baie vir my.