Dieper & Meer

Liewe kinders
Asseblief luister
Julle Koning vra
Hy wil nie hê dat EEN MENS verlore moet gaan

Hoor julle
Hoor julle Sy stem
Sy hart deel Hy oor en oor
Maar niemand wil hoor

Is jy gereed vra die Here
Is jy gereed?
As My Seun vandag sou terugkom
Sou Ek jou gereed vind en in wit geklee?

Liewe kind die antwoord op daardie vraag
Moet jy ken
Maak dit vandag uit
Maak seker jy gaan saam

Hoe lyk die tyd
Wat jy saam met My spandeer?
Is dit ‘n ronde nul?
Of het ons nou-nou gesels?

Wanneer laas het Ek My hart met jou gedeel?
Wanneer laas het ons tyd rondom My Woord spandeer?
Liewe kind dit is waar jy My sal vind
Dit is hoe jy sal weet

In hierdie tye saam met My
Sal jy hemelse vrede ervaar
Jy sal weet dit is van My
Jy sal weet Ek weet van jou

Soveel kere sê Ek dit
Maar glo My liewe kind
Elke mens weet
Hulle weet wat in die dieptes van hul hart aangaan

Mense sê so maklik
Jy kan geen sekerheid hê
Liewe kind jy sal weet
Jy sal weet of Ek rerig leef in jou!

Liewe kind as jy nie seker is nie
Kom nader!
Nog ‘n bietjie nader aan My
Daar sal jy hoor Ek fluister jou naam

Kom so naby
Dat jy sal hoor wanneer Ek praat
Kom so naby
Dat jy sal omgee om My te gehoorsaam

Dat jy sal omgee om te luister
Wanneer Ek vra
Dat jy sal omgee
Om liewer te word vir My

Liewe Kind My Woord sê
Laat daar geen vuil woord uit jou mond uitgaan
Hoe gereeld gebeur dit?
Besef jou hart dat dit nie so hoort?

Liewe kind hoe gaan jy ooit
Groei in verhouding met My
As jy nooit jou Bybel oopmaak
En leer van My?

Liewe kind dis verregaande om te dink
My hart het ek vir Jesus gegee
Nogsteeds kan ek lewe
Net soos wat ek wil!

Liewe kind nee!
Jy moet vernuwe word
In die manier waarop jy dink
In die manier waarop jy leef!

Liewe kind jy kan jouself nie My kind noem
Maar net aangaan soos wat jy wil nie
Daar moet ‘n begeerte in jou hart wees
Om meer soos Ek te wees!

Jy kan nie nooit omgee
Om meer van My te weet
Of wat vir My belangrik is
Of waarvan Ek hou

Liewe kind
Dit hoort mos nie so
Waar is die Liefde
In dit?

Liewe kinders moet asseblief nie sê
Julle is My kinders
Maar julle doen nie wat Ek vra
Spandeer nooit tyd saam met My nie

Ek wil My volheid deel met jou
Tog bly die wêreld in soveel opsigte belangriker as Ek
Liewe kind hoe werk dit?
Wil jy nie ook liewer word vir My?

Dis al wat Ek vra
Word meer soos Jesus
Doen wat Hy gedoen het
Laat gaan van alles wat Hom nie sou behaag

Van seks op televisie
Tot dit wat goed gepraat word in bykans elke fliek
Liewe kind dit hoort mos nie so nie
Aan watter standaard word daar gemeet?

Ek haat die goeters wat mense deesdae maak
Dis so vuil maar steeds praat mense dit goed
Dit het absoluut niks met My te maak
Liewe kind Ek vra weer aan watter standaard word daar gemeet?

Liewe kinders die Bybel
Is die standaard waaraan Ek dinge meet
As dit nie daarin is nie
Asseblief moet dit nie toelaat

Dis die Riglyn vir ‘n goeie lewe
Alles wat julle moet weet is daarin
Liewe kinders hoekom bemin jy My Woord
Nie eers half-pad so baie soos die programme waarna jy elke dag kyk?

Liewe kinders dit is erg
Erg verby!
Dood en Lewe word julle elke dag voorgelê
Steeds kies julle die dood!

Liewe kinders moenie vir Adam en Eva
Blameer of verwens
Hulle kinders – julle –
Doen tot en met vandag presies dieselfde

Hoekom doen julle dit vra die Heer
Hoekom?
Hoekom noem jy jouself ‘n Christen en sê jy is lief vir My
Tog is jy nie bereid om te leef soos wat Ek van jou vra?

Asseblief liewe kinders hou op daarmee!
As julle die wêreld wil dien gaan dien hom goed
Maar asseblief hou op om My naam te koppel
Aan al die goddelose goed wat jou lewe elke dag omring

Dit is die ergste erg vir my sê die Heer
Kinders wat WEET dit behaag My nie
Maar nogsteeds daarmee aanhou
Liewe kinders asseblief dit hoort nie so nie, dit doen nie!

Eers wil Ek jou van My wegstuur
Dan wil Ek weer hê jy moet bly!
Liewe kind dis omdat Ek wil hê jy moet hoor!
Ek weet nie hoe om tot jou deur te dring!

Liewe kinders Ek haat die goed
Waarmee julle jul elke dag besig hou
Donker goed, goed waarvan julle dink Ek niks weet
Liewe kinders Ek weet, Ek weet daarvan!

Niks kan jy vir My wegsteek nie sê die Heer
Ek weet alles daarvan
Liewe kind hoekom dink jy so?
Net omdat jy dit in die donker doen beteken nie Ek – die Lig – weet nie daarvan

Liewe kinders wil julle hoor?
Wil julle meer weet van die dinge wat in My hart woon?
Kom dan!
Asseblief gaan lees My Woord

Daarin sal julle alles wat Lewe is vind
Daarin is geen donker dieptes of verskuildes agendas
Waarmee die vyand so gereeld jou keel wil oopkloof
Liewe kinders asseblief dis tyd om te hoor

Het julle geweet dat alles wat van die vyand is
Net op die dood uitloop?
Daar is NIKS goeds in hom nie
Hoekom bly hy dan jul bondgenoot?

Liewe kinders sy wyshede klink so mooi en slim
Soveel ‘waarhede’ is daar vandag naas die Woord
Liewe kinders dis nie waarhede nie
Dis sy leuens mooitjies opgetooi

Sy waarhede bestaan uit leuens
Geen niks van dit sal ooit standhou
Liewe kinders alles wat hy sê is onwaar
Glo asseblief tog nie ‘n enkele woord

Dis tyd dat dit wat jy doen
Dit wat jy toelaat in jou lewe
Gemeet word aan My Woord
Gemeet word deur My Gees wat in jou woon

Moet asseblief nie ja sê vir iets waarvoor Ek nee sê nie
Die pad wat na die Lewe lei is Nou
Liewe kind het jy geweet dit is die enigste pad
Wat lei na ‘n Ewigheid saam met My?

Daarom gooi van julle skouers
Die laste wat julle so gooi omring
Kom leef vir My!
Kom ons sit hierdie wêreld en sy maats ore aan!

Ons huis is nie hier nie sê die Heer
Ons huis is ‘n Hemelse Paradys
Waar die mooiste engele-kore
En net liefde woon

Vir die wie gekom het
Hulle lewens prysgegee en My gevolg het
Wag daar ‘n Ongelooflike Skat
Die Hemel waar julle vir altyd saam met My sal wees.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment