Die Rede

Vir die wie gekom het
Vir die wie lief is vir My
Wag daar ‘n Ewige Paradys
‘n Huis altyd saam met My

Vir die wie My gevolg het
Hulle lewens tot die dood toe nie liefgehad het nie
Wag daar ‘n Hemelse Paleis
Waar almal Jesus sal loof en prys

Van Sy groot liefde sal ons sing
Voor Hom in aanbidding neerbuig
Vir Sy groot genade dankie sê
Van Sy wonderlike dade getuig

Halleluja my God is groot
Ek is so lief vir Hom
Hy is my hele lewe
Die doel van my bestaan

Halleluja, Halleluja
Ons loof en prys U Naam
Grote God, Jesus – Seun van God en Heilige Gees
Word altyd meer in my hart en lewe

U Naam wil ek besing
Totdat die wêreld vergaan en daarna
U is die Rede
Die vrede en blydskap in elke dag

U vul my hart en lewe met soveel hoop
Min kan dit verstaan
Hoe hoop ek
Hulle kan ook dieselfde vind

Ook so voel
U loof en prys
Totdat die wêreld soos ons dit ken
In die niet verdwyn

Ek loof U Vader
Ek loof U grote Naam
Ek dank U vir wie U is
Altyd en altyd wil ek U prys

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment