Kosteloos

Ek is Genade sê die Heer
Soveel, soveel genade
As jy kom, sou jy sien
Dis genade op genade op genade

Liewe kind dis tyd om te kom
Dis tyd om jou hart oor te gee
As jy kom sou jy sien
Dit is Wie Ek is

Soveel kere weier jy volstrek om te kom
Omdat jy glo
Ek is wie Ek nie eintlik is
As jy kom sou jy sien

Jy sou ervaar
Hoe Ek elke dag
Genade en Hoop
Aan hierdie mensdom gee

Liewe kind weet jy hoeveel dit vat
Om aan te hou met liefde-uitdeel
As iemand dit nie verdien?
Veral wanneer iemand niks van jou wil weet?

Julle weet waarvan Ek praat sê Vader
Hoe dikwels maak iemand julle kwaad
En baie vies met hulle dade en woorde
Kom aan liewe kinders julle weet waarvan Ek praat

Liewe kind dit is ‘n bietjie moeilik né?
Dit is ‘n bietjie ‘tough’?
My Liefde hou Ek aan uitdeel
Met die Hoop dat daar die is wie sal verstaan

Weet julle watter verskil maak dit om barmhartigheid te wys
Wanneer iemand dit die minste verdien of in jou gesig bly teruggooi?
Weet julle dat My genade en liefde en vergifnis die enigste dinge is wat bly werk?
Dis is hoekom Ek julle tot vandag toe vra om dieselfde te doen as Ek

Dis wat maak dat mense beter wil doen en wees
Wanneer menseharte die diepte van hierdie waarheid
In al sy volheid besef verander dit hulle hele lewe
En sal hulle nooit weer hul rug op My kan keer

Liewe kinders as julle net wou kom
Sou julle sien
Liefde, liefde, liefde
Dit word elke dag oor julle uitgegiet

Wie Ek is
Deel Ek elke dag met jul
Dis baie kere julle
Wat net te blind is om dit te sien

My liefde vir hierdie wêreld
Is baie groter as die straf wat julle verdien
In liefde het Ek gekom
Neergedaal uit die hemel

Sodat jy in My vergifnis van verkeerde dade kon vind
Vry van die boete waarmee jy vir jou lewe sou moes boet
Besef julle ten volle die prys wat betaal is aan die Kruis van Golgota?
Dink julle darem ooit vir ‘n oomblik daaraan?

Liewe kind verbeel jou die Liefde
Waarmee Ek jou liefhet
My begeerte vir jou is om My te ken
Baie groter as die straf wat jy verdien

Liewe kind kom!
Kom asseblief
Soos wat jy hierdie woorde lees
Asseblief kom!

Ek wil nie hê dit moet eendag so wees
Dat jy jou siel gaan verloor
Omdat jy nie wou glo nie
Selfs nadat hierdie woorde gelees is deur jou hart

Liewe kind
Kom asseblief
Net soos wat jy is
Kom

Ek soek nie perfeksie nie
Ek soek kinders bereid om te hoor
Om, om te gee oor Wie Ek is
Die wie waarlik saam met My wil wees

Liewe kind
Daar is niemand soos Ek
Dit is moeilik vir jou om dit te glo
Maar liewe kind daar is geen god soos Ek

Verhewe in heerlikheid
Troon Ek oor alles as Heer
Liewe kind Ek is God
Ek is Skepper van alles wat bestaan

Liewe kind
Kom!
Ek staan en Ek wag
Maak asseblief oop jou hartsdeur

Ek hoop so dat dit nooit
Te laat vir jou sal wees
Tog die sê lê nie by My
Dit lê by jou sê die Heer

Liewe kind asseblief
Lê jou lewe neer
Besluit om My te vertrou
Kom met jou alles sê die Heer

Liewe kind kom leef vir My
Hier en nou!
Laat My toe om jou alles te wees
Laat My toe om in jou te leef!

Jou passies wil Ek
Vir My Koninkryk gebruik
Drome aan jou gee en met jou deel
Die drome wat in My hart vir jou woon

Liewe kind is dit regtig te veel gevra?
Te moeilik vir jou?
Wil jy dan nie weet
Ek het gekom vir jou

Ek wil hê ons verhouding
Moet die grense van die kerk oorskry
Ek wil hê ons moet baie meer
As net ‘n Sondag-ontmoeting wees

Liewe kind Ek sien so uit!
Ek sien so uit!
As jy sou kom, sou jy sien
Ek bestaan uit net Liefde sê die Heer

Suiwer, suiwer liefde
Jy het nog nooit so iets gesien of beleef
Ek wonder so dikwels, vra Myself gereeld
Hoekom wil hierdie wêreld net nie besluit om te kom?

Wanneer gaan hulle
Voor My Troon van Genade kom buig?
Wanneer gaan hulle kom
En My in Gees en Waarheid aanbid?

Dis omdat daar soveel dinge in die wêreld is
Wat julle wil glo bo-oor My
My boodskap is so eenvoudig
Tog bly dit bo die begrip van julle verstand

Sien liewe kind die saak staan so
Julle is baie lief vir dit wat julle ego streel
Dit wat julle beter en slimmer laat voel oor julleself
My evangelie sê buig die knieë

Erken van waar jy af geval het
Bely waar jy was
Laat staan die sonde en verkeerd-wees
Ek wil jou skoon was!

Van wanneer af is skoon en rein-wees iets verkeerd?
Liewe kind julle laat dit so sleg lyk
Iets wat niemand eintlik wil wees
Kies konstant soos ‘n varkie om te bly rond-rol in die modder

Liewe kinders kom onder hierdie vieslik-geit uit
Ek wil nie hê julle moet deel wees daarvan
My Bruid verlustig haar nie in die werke van die vlees nie
Haar vreugde en verlustiging is in My

Liewe kinders kom onder haar uit
Die slet van hierdie wêreld
Weg-lok wil sy jou beslis
Tog liewe kind hoor My roep ‘Kom onder haar uit!’

Moet niks te doen hê met haar werke nie
Dis sy wat vir jou vertel
Slaap met die wêreld
Dien nogsteeds vir God!

Liewe kind Nee!
Dit is nie so
My Bruid is in wit geklee
Onbesmet van die vlees en al sy begeerlikhede

Liewe kinders
Kom! Kom asseblief!
Ek hoop so daar is iemand
Wat wil luister na My Woorde van Lewe

Liewe kind
Kom!
Net soos wat jy is
Kom!

Ek sal jou vergewe
My arms om jou vou
Jou trane wegvee
En aan jou Nuwe Lewe gee

Al wat Ek vra is Kom!
Is jy nie al moeg vir die wêreld en sy dinge
Dit drein al die lewe in jou
Tog hou jy aan glo ‘Dit is nie so’ en Ek weet nie daarvan

Ek doen sê die Here, Ek doen
Dis hoekom Ek vra
Kom na My
Saam met My betree jy Ware Lewe.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment