Eina

Hoor die hart
Hoor die gesuis
Die stem van die Vader
Hy roep

Waar is jy?
Kom terug na My
Kom terug na My
Draai jou rug op die wêreld

Ek wil jou aanraak
Met My liefde
Met My Hoop
Wat kan Ek doen as jy nie wil glo?

Ek sal bly roep sê die Here
Ek sal bly roep
My liefde gee nooit op nie
Ek sal aanhou hoop dat jy sal hoor

Dat jy sal ja sê op My roepstem
Dat jy sal ja sê wanneer Ek roep
Ek kan dit nie help nie
My liefde vir jou, dit dwing My

Sê ja
Sê asseblief tog ja
Jy glo soveel leuens van die vyand
Jy hou My buite, ja jou enigste ware hoop … eina

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment