Word bly sê Abba-God
Word bly soos wat julle hoor
Wie Ek is
En wat vir My belangrik is
Dis ‘n voorreg en ‘n eer
Sê Abba
Om My hart met julle te deel
Om te weet dat daar van julle is wat rerig hoor
Dis altyd vir My lekker
Sê Abba-God
As Ek sien hoe mense My begin glo
As Ek sien hoe hulle hulle vertroue op My plaas
Dis altyd lekker
Sê Abba-God
Om te weet dat daar die is wat rerig omgee
En nie net leuens oor My glo
Dankie My liefste kinders
Dat julle julle harte oopstel
Om van My te hoor
Om van My te ontvang
Soveel wonderlike goed
In My Koninkryk sê Abba-God
Soveel wonderlike goed
Wat Ek julle nog wil leer
Die bodem is skaars aangeraak
My liefste kinders
Daar is meer
Daar is soveel meer!
Ek maak My hart oop
Sê Abba-God
Sodat meer mense kan nadertrek
Sodat hulle My waarlik kan leer ken
My kinders, kinders van die wêreld
Ek wil hê julle moet nader kom
Nader aan My hart
Nader aan wie Ek is
Asseblief sê Abba-God
Hou op om dinge en mense
Belangriker as Ek te maak
Dit hoort nie so
Dit moet nie so wees
Julle sit mense en geliefdes
Op ‘n plek van eer sê Abba
Die plek wat eintlik aan My moet behoort
Liefste kinders asseblief nee
Ek vra dat julle
Dit nie meer sal doen
Asseblief hou julle oë op My
Ek is die Antwoord
Op al julle vrae sê Abba
As julle waarlik begin soek
Sal julle My vind
Dit is wie Ek is
Sê Abba
Ek hoop altyd
Dat meer en meer mense My sal vind
Begin asseblief om julle weë neer te lê
Begin in Myne volg
En weet dat Ek altyd
Naby julle My kinders is
Nooit ooit sal Ek julle verlaat
Of ooit moed opgee
Dit is nie wie Ek is
Dit sê die Een wat ewig is
Het julle geweet
Dat My bestaan nie van julle afhang?
Ek is die Een
Wat EWIG leef en voortbestaan
Glorie tot die Koning,
Amen!