Gebuigte Woord van God

Soveel verleiding
Wat hierdie wêreld
Vol lê
Soveel verkeerde glo

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet dit weet
Nie alles wat julle glo
Is van My

Daar is onderskeid
Te tref
Tussen alles wat is van My
En alles uit julleself

As My waarheid
Julle nie besny nie
Gaan julle altyd
Verlore bly

Liefste kinders Ek het gekom
Om julle uit sonde te bevry
As jou waarheid jou in sonde hou
Dan moet jy weet dit is nie van My

Daar is onderskeid
Te tref
Tussen alles wat is van My
En dit wat van die wêreld is

As jou glo maak
Dat jy nie persoonlik
Tyd met My spandeer
Dan moet jy weet dit is nie van My

As jou waarheid gebou is
Om menslike oortuiging
En nie van My
Dan moet jy weet dat jy mislei is

Want ja liefste kinders
Daar is so baie
Waarheid in My Woord
Wat julle buig om julle te pas

Liefste kinders
Dit is verkeerd
My Woord is suiwer
My Woord is waar

Hou op om My Woord te buig
Net om julle te pas
Julle buig My Woord
Om julle opinies te pas

Liefste kinders
Luister vir My!
Hou op om agter alles te sien
Dit wat julle wil sien

Julle gebruik My Woord
Om julle waarheid te pas
Nee liefste kinders
Nee

As My Woord sê dis verkeerd
Dan is dit verkeerd
Dit is wat ons Abba sê
Hou op om so verkeerd te glo

As julle moet begin
Om verskonings te maak
As julle moet begin
Om lang redenasies uit te dink

Dan moet julle weet
My Woord is so eenvoudig
My Woord is so waar
My Woord is so mooi

Nee liefste kinders
Nee vir al die verkeerd-glo
Julle gebruik My Woord
Om julle waarheid te staaf

Dis verkeerd sê Abba-God
Dis verkeerd
Julle het My Gees nodig
Om My waarheid vir julle oop te breek

Kinders julle glo so verkeerd
Julle glo so verkeerd
En hierdie glo is besig
Om julle sover van My af te neem

Liewe kinders
Kan julle nie sien nie
Dit is besig om julle van My te vervreem
Ons is besig om vreemdelinge vir mekaar te raak

My liefste kinders
Ek wil nie hê dat dit so moet wees
Julle moet altyd bereid wees
Om soos Ek te glo

Julle waarhede is besig
Om julle sover van My af
Weg te neem
Ek weet nie waar nie

Ek weet nie hoe
Om julle terug te bring
Liefste kinders julle glo verkeerd
Hoe breek dit My hart

Liefste kinders
Julle kan glo wat julle wil
Maar as dit julle nie nader bring aan My hart nie
Dan moet julle weet

As dit nie maak
Dat julle mekaar liewer het nie
As dit nie maak dat julle meer omgee nie
Dan moet julle weet

Sien sê Abba-Vader
Daar is soveel dinge
Wat skeiding tussen ons bring
Een is verkeerd-glo

Verkeerd-glo
Vat jou weg van My hart
En nie nader
Sê Hy

Liefste kind
As jy in verbond met My gestaan het
Waarlik uit jou hart
Sou jy liefhê alles wat van My is

Jy sou liefhê
Jou naaste
Jy sou wou goed doen
Net waar jy gaan

Dis hoe julle weet
Dat julle My liefhet
Sê Abba
As daar LIEFDE is onder julle

Dis hoe julle
Sal weet
Dat julle My ken
As julle liefde is

Hoekom is julle nie liefde en omgee
In hierdie wêreld nie
Hoekom is julle nie besig
Om die wêreld terug te bring na My

Liefste kinders, liefste wêreld
Ek is Liefde
En as jy nie liefde is nie
Dan moet jy jouself begin afvra

Ken ek
Waarlik-waar my God
Weet ek
Wie Hy rerig is?

Want My liefde sal julle altyd lei
Om die mense naby aan julle
En ook die van vêr
Nog liewer te hê

Liefste kinders
Dis genoeg
Om te dink dat julle My ken
Maar dat daar nie liefde onder julle is

As julle My
Waarlik geken het
Sou julle weet
Sou julle weet dat Ek Liefde is

Dit is die toets
Vir julle geloof
Sê Abba-Vader
Kyk hoeveel julle liefde is

Want dit is hoe Ek
Wil hê julle moet wees
Dit is hoe Ek
Wil hê dit moet wees

Liefde … als gaan oor liefde
Sê Pappa-God
Hê liefde vir jou naaste
Wees lief vir My

Liefste kinders
Julle is besig om dinge
So te oorkompliseer
Dit is nie nodig nie

Wees lief vir My
Wees lief vir jou naaste
Dit sê
Die Ewige God

Liefde, liefde, liefde
Liewe wêreld
Dit is waaroor
Alles gaan

Julle kan die mooiste waarheid hê
Maar as julle
Nie liefde het nie
Het julle ‘n klinkende simbaal geword

Liefde liefste kinders
Dit is wat Ek wil hê
Julle moet
Vir die wêreld wys

Liefde
Liefde
So sê ons
Abba-God

Dit is waaroor alles
Vir My en My Koninkryk gaan
Liefde vir God
Liefde vir jou naaste

As jou verkeerd-glo
Jou nie nader aan My bring nie
Dan moet jy weet
Dan moet jy weet dit is nie van My

Want My Waarheid
Sê Abba
My waarheid sal jou altyd
Nader aan My en My hart bring

Liefste kinders
Dis nie so moeilik nie
Wees lief vir My
Met alles wat jy is en het

Liefste wêreld
Ek het My Seun gegee
Sodat ons waarlik EEN kan wees
Is dit so moeilik om te verstaan?

Alles gaan oor verhouding met My
Sê Abba-God
Dis hoekom Ek julle gemaak het
Dit is hoe Ek wil hê dit moet wees

Ek het My Seun gestuur
Sodat Ons
Ek en hierdie wêreld
Rerig een kon wees

Wees lief vir My
Liewe wêreld
Dit is wat
Ons Pappa-God vra

Lief vir My
Lief vir jou naaste
Dit kan nie te moeilik wees
Om te verstaan

Maak dit jou lewensdoel
Sê Abba-Vader
Om My lief te hê met alles in jou
En dan jou naaste soos jouself

Liefste Pappa-God
Ons is so lief vir U
Dankie Abba-Vader
Dat U ons altyd U weë kom leer

Dankie dat U so goed is
Dankie dat U so mooi is
Dankie dat U waarlik
Die Lewe vir ons – U kinders – is

Abba ons verstaan dalk nie so baie
Maar ons weet
Wat liefde is
En dit sal ons nastreef

Om U lief te hê Abba-God
Pappa-God dit bly die grootste voorreg
Dankie dat U, U liefde
Kom uitstort het oor my

Pappa-Vader ek wil U hart ken
En daar wil ek vir altyd bly
Help my asseblief Abba
Om altyd liefde te bly

Liefde vir die
Wat nie glo soos ek nie
Liefde vir die
Wat nie lyk soos ek nie

Want Abba ek weet
Dit is wat hulle inbring
U liefde wat hulle sien
In my en jou

Help my dan asseblief Abba
Om nog baie meer
Lief te hê
Om in alles liefde te wys

Want liefde sê
Ek weet wie U my God is
Liefde sê
Ek wil altyd by my Pappa wees

Verander dan my hart
Abba om in alles U wil te ken
Om U lief te hê
Met alles in my

Die liefde waarmee U
Ons liefhet
Abba dit beteken
So baie vir my

Dankie Abba-God
Dat U ons leer en lei
Dat U altyd by ons is
U liefde maak alles so eenvoudig

Dit sê kom
Net soos wat jy is
Dit sê soek en jy sal vind
Dit sê met alles in my

Dankie Abba
Pappa liefste God
Dat U U Seun gegee het
Vir my

Pappa-Vader
Maak asseblief dat alles in my
U waarheid
En U liefde is

Waar ons kom
Daar wil ons ‘n verskil maak
Ons wil U in ons harte en lewens
U op ons lippe hê

Help ons dan asseblief
Abba Pappa liefste God
Om U net elke dag
‘n Bietjie liewer te hê

Want soveel dinge kom reg
As ons net dit ons fokus maak
Om U en U koninkryk
Liewer te hê

Abba help ons asseblief
Om net U liefde te wys
Waar ons gaan
U liefde te wees

Ons wil wees
Dit wat U wil hê ons moet wees
Ons wil loop
Net soos wat U loop

Ons wil doen
Wat Jesus gedoen het
Dien
Net waar ons gaan

Ons Koning
Was vir ons die voorbeeld
Dis wat ons ook wil doen
Om mense waarlik lief te hê

Abba help ons asseblief
Om niemand te minag nie
Help ons asseblief
Om op niemand neer te kyk nie

Maar om altyd U liefde
In hierdie gebroke wêreld te wees
Abba U is God
En ek wil vra

Asseblief
Trek ons nader aan U hart
Dat dit wat vir U belangrik is
Ook vir ons belangrik sal wees

Dankie Abba
Pappa liefste God
Dat U liefde is
En dat die wie U ken ook liefde is

Abba maak dit dan ons strewe
Om U altyd liewer te hê
Dit ons fokus
Sodat ons Ware Lewe kan hê

Halleluja, Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

0 thoughts on “Gebuigte Woord van God”

Leave a comment