Geloof wat rerig glo

Dit is tyd dat julle begin fokus
Op dit wat rerig saak maak
My kinders die einde is hier
Is julle gereed?

Kinders van Abba
Abba se kinders
Is julle reg as Ek My Seun vra
Om julle te kom haal

My kinders julle moet vashou
Styf vashou
Julle moet weet
Is julle gereed?

My kinders
My koms is voor die deur
Julle moet weet
Gaan julle saam?

Kinders daar is nie meer tyd
Vir lugkastele bou nie
Kinders van Abba-God
Julle moet weet

Baie kere sê Abba
Dat My kinders dink
Dit is hoe dit is
Ek gaan saam

Kinders Ek wil julle vra
Het julle jul harte en lewens
Vir My Koninkryk gegee
Het julle waarlik vir My geleef

Daar’s ‘n verskil
Sê Abba Vader
Tussen die wat waarlik saamgaan
En die wat My net met hulle lippe dien

Kinders van Abba-God
Luister asseblief vir My
Julle moet weet
Is ek reg, is ek gereed

Dis iets wat julle nie net moet aanneem nie
My liefste kinders
Julle moet dit
In julle diepste binneste weet

Jy sal weet sê Abba Vader
In jou hart
Of jy luister na My stem
Of jy doen wat Ek jou vra

Kinders van Abba-God
Kinders van die wêreld
Julle moet begin luister
Julle moet doen wat Ek julle vra

Kinders Ek lei julle na die Lig
Is dit nie hoe julle wil hê dit moet wees
Sê nee vir die duisternis
Assblief dit is wat Ek vra

Kinders asseblief julle moenie meer weghardloop
As Ek julle vra om in My weë te loop
Daar is ‘n baie goeie rede daarvoor sê Abba
Ek wil jou meer van My leer

Ek wil jou wys sê Abba-God
Hoe mooi Ek en My koninkryk daarna uitsien
Kinders asseblief
Kom ‘n bietjie nader aan My hart

Kom ontdek self
Hoe mooi Ek eintlik is
Kom ontdek self
Waarvoor jy nog altyd nee sê

Kinders julle weet so min
Julle weet nie waarvoor julle nee sê
Julle glo so min
Kinders julle moet geloof hê

Glo vir My kinders
En asseblief kom doen wat Ek julle vra
Gee My julle harte
Leer My waarlik ken

Moenie vêr bly staan nie
Sê Abba
Kom nader My liefste kind
Kom nader aan My

Geloof My liefste kind
Dit is wat jy moet hê
Om die skatte in My hart
Vir jou te ontdek

Kinders asseblief luister
Julle moet begin tyd maak vir My
Julle moet begin opgee dit wat nie van My is
Sodat julle waarlik kan leef

Kinders van My hart
Luister asseblief vir my
Oorgee liefste kind
Dit is so mooi vir My

Moet asseblief nie vêr van My af bly nie
Kinders kom nader aan My hart
Asseblief
Dit is wat My die blyste maak

Oorgee van die hart
‘n Hart wat sê
Ek gaan besluit om te vertrou
Ek gaan my weë laat staan

Kinders van My hart
Asseblief hoor vir My
Julle is besig om so uit te mis
Omdat julle nie vir My wil ja sê

Dit gaan vat dat jy glo
My liefste kind
Dit gaan vat dat jy kom
Waarlik vanuit die hart

My kinders
My hart is vir julle
Ek wil hê julle moet dit rerig glo
En ophou om so teen My te draai

Hou asseblief op om julle hoop
In die wêreld en haar dinge te plaas
Kinders daar is meer
Soveel meer!

Kinders van My hart
Geloof asseblief
Dit is waarvan Ek praat
Geloof wat sê Ek gaan God probeer

Ek gaan Hom naspoor
Totdat ek Hom vind
En Ek gaan nie
In die middel opgee

Kinders asseblief
Julle moet geloof hê
Geloof is die enigste manier
Om uit te kom by dit vir julle voorberei

Glo My hart sê Abba
Asseblief glo vir My
Dit is wat Ek so graag
Van julle wil hê

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment