Ewige Mooi Een

U vul my hart
Met vreugde ongehoord
Ek is so bly
Ek het U na binne genooi

Ek is so bly
So dankbaar
Dat U die Een is wat daarbinne woon
Abba hoe kan ek dankie sê

Abba dankie dat U vergeef
Meer as wat gewoon is
Dankie dat U verstaan
Dankie dat U in my woon

Vader ek wil dankie sê
Want U is goed
Vir U sal en wil my hart
Lofliedere bly sing

Abba-God liefste God
Dankie dat U so goed is
Dankie dat U so mooi is
Vir my bly U wonderskoon

U Naam is die soetste naam
Wat hierdie wêreld ooit sal bewoon
Abba daar is net niemand soos U
En ons wil dankie sê

Dankie dat daar nie ooit
‘n God soos U sal wees
Dankie dat U trots is op ons
Dankie dat U ons waarlik liefhet

Abba ons harte kan nie
Genoeg dankie sê
Eintlik is al wat ons wil vra
Dat U asseblief altyd in ons sal bly

Vader moet ons asseblief nie ooit verlaat
Hou ons vas
Hou ons naby
Ek is so bly U het alreeds ja gesê hiervoor

U Woord beloof
U sal ons nooit begewe
Of verlaat
En dit is Vader waarop ons bly staan

Dankie dat U ons vergeef
Dankie dat U lewe
Dat daar by U altyd ‘n nuwe bladjie is
Altyd ‘n nuwe begin

Liefste Koning Abba-God
Ek wil dankie sê
Ek wil aan U al die lof en eer bring
U die Een wat rerig verstaan

Abba-God sal U ons asseblief
Nader trek aan U hart
Sal U ons asseblief vergeef
Die kere wat ons bly wegtrek

Abba ons wil nie hê
Dat dit so moet wees
Ons wil U met oorgawe liefhê
Ons wil U met oorgawe dien

Abba sal U asseblief
Ons harte hoor
Ons harte versterk
Vir wat voorlê

Vader sonder U kan ons
Geen donker nag betrek
Vader U alleen is die Een
Wat ons staande hou

Abba bereik dan asseblief
U doel
In my hart, in my lewe
In ons land

Vader ons harte smag
Na dieper verhouding
Dieper intimiteit met U
Abba sal U dit asseblief vir ons gee

Sal U ons wys dat dit moontlik is
Om U vir die onmoontlike te vertrou
Abba sal U ons asseblief wys
U is die Ewige Ek Is

U is die Stewige Rots
Waarop ons, ons huis kan bou
U is die Een wat verstaan
U is die Een wat ons lief het

Vader vergewe ons asseblief
Vir al die kere wat ons van U bly wegdraai
Die kere wat ons nie verstaan
Dat U Abba net goed is

Vader ons verstaan baie goed
In hierdie wêreld nie
En ons sal seker ook nie
Nie totdat U ons kom haal

Vader tog weet ons
U het ons vergeef
In die bloed van U Seun
Vir ons ‘n nuwe kans kom gee

Liefste Abba
Hoe kan ons dan nie vir U dankie sê
Hoe kan ons nie lewens leef
Wat U Naam bo alles eer

Abba-God U is so goed
U is Lewe
Hoe wens ek daar was meer
Wat hierdie eenvoudige boodskap wou glo

Daar is so baie leuens
In hierdie wêreld
Soveel leuens wat mense bo U glo
Vader ek vra asseblief maak ons oë oop

Help ons om die Lig te begin raaksien
Help ons Abba om U te sien
Om U te begin glo
Om aan U oor te gee

Abba
Lewe lê op een plek
En dit is by U
U is die Een wat Ware Lewe gee

Vader ek roep verlorenes
In U Koninkryk in
Abba ek bid dat hulle sal begin sien
U is die Een waaroor ons nog altyd droom

Vader ek wens en ek bid
Dat hierdie wêreld
U nie meer met minagting sal bejeen
Want U is veels te mooi daarvoor

U is die Ewige Lewe
U is die Mooiste Lied
U is die Een waaroor ons sing
Die Ewige Mooi Een

Abba-God liefste God
Ons nooi U diep in ons harte
Ons vra vergifnis
Ons wil oor-begin

Sal U ons asseblief help Abba
Om U Naam hoog te hou
Sal U ons help Abba
Om ook aan ander die kans te gee

Vader wie U is, is vêr bo ons verstand
U is Lewe
U is Lag
Ons sê in Jesus Christus baie dankie daarvoor

Ons Koning
Die Rede
Ons Hoop
Ons alles in een

Halleluja groot Koning
Aan U Naam alleen
Al die eer
Ons huppel en ons sing

U
U is die waardige een
Die Een wat dit so baie
Oor en oor verdien

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment