‘n Lewe van Vryheid

Vergifnis het ‘n prys
Sê Abba
Dit kos ‘n prys
Dit vra dat jy jou weë neerlê

Liefste kinders
Ek weet dis nie maklik nie
Ek weet dis moeilik
Dit is die pad van LiG

Kinders as Ek julle
Kon vertel hoeveel kere
Dit ook vir My moeilik was
Om My weë neer te lê

Ek weet dit kom moeilik
Ek weet dis nie maklik
Dis die pad van LiG My kinders
Waarop Ek wil hê julle moet bly

Kinders asseblief
Hou op om ander te veroordeel
Hulle seer te maak
Net omdat julle nie van beter weet

Kinders julle moet leer
Om liefde te wys
Selfs wanneer mense
Dit die minste verdien

Hou op om vingers te wys
My liefste kinders
Hou op om te beskuldig
Gaan soek asseblief voor jou eie deur

Kinders asseblief Ek vra julle
Lê neer julle weë
Begin om hierdie pad
In waardigheid saam met My te loop

Kinders Ek weet dis nie maklik nie
Ek weet dis seer
Dis die pad wat Ek jou vra
Om saam met My te loop

Kinders van Abba-God
Gee dan asseblief nie op
Hou vas
Hou net vaster aan My

Kinders Ek weet
Wat Ek vir julle instoor hou
Dis vrede en vryheid
Dit is LiG

Moet asseblief dan nie
Van My bly wegloop
Kom nader vra Abba
Kom nader aan My

Lê julle weë neer
Liefste kinders
Kies om dinge op My manier te doen
Dit is beter

Kinders asseblief
Selfs al kos dit ‘n prys
Doen dit en weet
Vryheid lê voor jou deur

Dit is waarna al My weë loop
Sê Abba Vader
Vryheid vir jou
Vryheid in My

Luister asseblief na My
Kinders van Abba
Vertrou My hart
Ek weet wat Ek julle vra

Self al kos dit ‘n prys
Die prys van self-neerlê
Vra Ek dat julle dit sal begin doen
My waarlik begin glo

Ek weet wat Ek vra
My liefste kinders
Ek weet dis veel gevra
Dit sal jou by vrede en lewe uitbring

Kinders vertrou My hart
Doen asseblief wat Ek vra
Genesing bly dan nie vêr
Want jy luister wanneer Ek praat

Vergifnis en Vryspraak
Twee sulke mooi dinge
Dis diep
Dit sal julle by ‘n lewe van vryheid uitbring

Begin vandag
Asseblief My liefste kinders
Begin oorgee
Begin in My weë loop

Doen dit vir jouself
En nie net ander nie
Dis vir jou wie Ek omgee My liewe kind
Ek wil jou by Lewe uitbring

Vrede in jou hart
Rustigheid in jou siel
Alles omdat jy weet
Ek is in beheer

Kinders asseblief
Vertrou my hart
Lê neer julle weë
Kom net nader aan My

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment