God se oë

Ek sien
Ek verstaan
Ek gee om
Baie kere wat My kinders dit nie wil glo

Tog sê Abba
Is Ek so dankbaar
Vir die kere wat My kinders kom
Alles voor My kom neerlê

Pappa sê My kinders
Ek is trots op julle wat dit bly doen
Die van julle wat My rerig deelmaak
Van julle stryd en probleme hier op aarde

Kinders sê Abba
Sien julle en weet julle
Dat Ek kom met geregtigheid in My vlerke
En dat reg sal geskied

Ja sê Abba
Soos ‘n arend uit die hoogtes
Bespied Ek die aarde onder My
Sien en kyk Ek waar Ek verligting kan bring

Ja sê Abba-Vader
Net soos wat ‘n arend na haar kleintjies kyk
So doen Ek dieselfde
Met My kinders op aarde

Pappa sê My kinders
Julle hoef nooit bang te wees
Dat Ek julle gaan miskyk
Nee Ek weet van iedere en elkeen

Ja sê Pappa-Vader
Die arend het van alle roofdiere
Die beste oë
Hoekom het Ek dit so gedoen?

Ja sê Abba-Vader
My liefste kinders
Dis sodat julle kon weet en besef
Ek het oë soos die van ‘n arend

Ja sê Abba-Vader
Al vlieg Ek hoog
Is daar niks wat Ek op aarde miskyk
Ek is hoër as enige ander god

Sal jy dit vandag verstaan
My kind
Pa Hy wag
En Hy gee om vir jou

Ja My liefste kind
Dogter, seun van My hart
Daaraan hoef jy nooit te twyfel
Pa sien jou en Hy weet van jou

Pappa se kinders
Kom naby
Kom nader aan My hart
Kom sien wat het Ek, julle Hemelse Pappa, vir julle voorberei

Ja My kinders
Dit gaan julle vind
Dit sal julle proe
As julle net wou nader kom

Pappa sê My kinders
Kom asseblief
Kom grawe diep
In die skatkamers van My hart rond

Kinders Ek wag
En Pa wil so graag hê julle moet vind
Kom kinders
Kom vra gerus vir meer

Kinders van My hart
Daar is altyd meer in My hart
Ek wag vir julle sê Pappa
Om te kom vind

Moenie bang wees nie
My kinders
Kom vind
Gaan groot!

God se kinders
Pappa wag vir ons
Sal julle saam met my naderkom
Nog meer aan Sy hart se deur kom klop

Hy love dit wanneer ons dit doen
Daar is niks wat Hy meer as dit geniet
Of wil hê
Moet meer gebeur

Ja sê Abba-God
Die vreugde in My hart
Wanneer Ek sien dat mense naderkom
Om ja My net regtig te ontdek

Wie Ek is
En wat Ek doen hier op aarde
My geliefde kinders dit is groot
Ek wens julle kon sien

Moet nooit moed verloor
Sê Abba
My kinders omdat Ek is
Is en sal daar altyd hoop wees vir julle

Hou dan net altyd julle oë op My
Kom nader sê Abba, altyd
Aan My julle glorieryke God
Vir ewig en altyd

Ja, Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment