Golgota prys

Ek loof U God
Ek prys U Naam
U het my kom haal
Met ‘n diep prys betaal aan Golgota

U pyn het my bevry
Van sonde
Seer
En soveel nood

Vader-God U is my God
U vryheid Heer neem ek aan
Kom neem my ook nou
Aan die hand

Saam met U wil ek hierdie pad stap
Totdat U my kom haal
Vader-God ek roem U Naam
Mag die hele wêreld dit altyd hoor

U is my God
Ek eer U Naam
Voor U o Heer
Kom ek en buig my neer

Voor U troon
Wil ek getuig
Van liefde groot
Vir ‘n sondaar nou vry

U is my God
U is my Heer
‘n Honger hart vul U met hoop
‘n Hart wat vra sal U nooit wegwys!

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment