Grou & Grys

Ek bring my hart vir U en sê
Ek vertrou U Vader
Ek weet U sal nooit met my hart mors
Ek sal U vertrou al is dit baie donker rondom my

Ek glo my God
Ek glo Sy Naam
Hy kyk na my
Hy gee oneindig baie om

Nooit sal Hy my verlaat
En sê Hy gee nie meer om
Hy gee altyd om
Veral wanneer dit die minste so lyk

Hy verstaan, Vader verstaan
Hy luister en gee om
Raad wil Hy altyd gee
Om alles vir my beter te maak

Liewe kind sal jy aanhou vertrou
Ek weet waarmee Ek besig is
Moenie moed opgee nie
Hou jou oë op My

Vader hierdie nag is so donker
Hoekom, hoekom is dit nodig?
Ek wil nie hierdeur gaan
Ek wil niks daarvan weet

Vader hoekom is die nag so donker?
Dit skeur my hart in twee
Binne woel en voel alles deurmekaar
My gees voel vrede en sê U is in beheer tog wil my hart net gil

Hoekom, hoekom is dit nodig?
Vader ek het U vertrou
Het U soos ‘n bal
Met my hart ‘n speletjie gespeel?

Vader dis mos nie reg nie
My hart voel mislei
Hoe kon U dit toelaat?
Ek het geglo U weet beter as ek

En nou?
Kyk waar staan ek nou
Voor ‘n donker deur
Die toekoms so bitter-baie onbekend

Hoe kan ek hierdie pad verder saam met U stap?
Hoe kan ek  aanhou met vertrou?
Ek voel so alleen
Deur my God verlaat

Die vyand sit
Fluister teen my oor
Jou God het jou verlaat
Hy het nie ‘n perfekte plan

Hy het vyand! Hy het!
Selfs al sien ek dit nie nou nie
Of nog nie
Ek glo Hy het!

Sien my Vader en Koning
Het altyd ‘n plan
Nooit, ooit sal Hy Sy kinders verlaat
Hy belowe dit in Sy Woord

Aan Hom sal ek bly vashou
Selfs al weet ek nie hoekom
Of waarom dit gebeur
My God sal ek bly vertrou

In die goeie tye
Ook in die slegte tye
Want ek dien en is nie net lief vir Hom
Wanneer alles regtig goed gaan

Alhoewel ek nie weet wat môre vir my inhou nie
Sal ek my Koning bly vertrou
Want ek weet Hy gee om vir my
Sy eie lewe het Hy dan vir myne neergelê

Ek sal my Koning bly vertrou
Ek sal aan Sy pragtige hart vashou
Hy is nie besig om die goed van my te weerhou
Hy is besig met Sy plan en om dit in my te volbring

Liewe Koning, Hemelse Vader
Ek wil hê U moet weet
Saam met U
Sal ek aanhou om hierdie pad te stap

Al lyk dit
Asof ek so baie verloor het
Al lyk dit
Asof U belofte nie gaan waar-raak

Sien ek kan niks daaraan verander nie
Wat gedoen is, is gedoen
Wat ek nou daarmee maak
Dit is al wat rerig saak maak

Sal nog trane die seer in my hart kan verbloem?
Hulle maak die pyn dalk draagliker
Soos wat ek aan U bly oorgee
Maar niks kan hulle verander aan die situasie waarin ek my bevind

Daarom sal ek my skouers weer optrek
Hierdie wêreld saam met my Jesus aandurf
Want ek weet en ek glo
My Hemelse Vader se plan vir my is mooi

Aan die einde sal ek sien
Dit was die moeite werd om aan te hou glo
Al lyk vandag dalk hoe grou
Saam met Jesus weet ek lê die toekoms baie blink en wag.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment