Oorgee van die hart
Dit is wat ons Vader die meeste begeer
Liefste kinders
Dis tyd dat julle dit doen
Hou op hardloop vra Vader
Hou op vashou aan dinge wat ons skei
My liefste kind
Jou hart moet oop
Ek soek verhouding
Tussen jou hart en Myne
Vra Abba-God
Ek wil hê jy moet jou hart van oorgawe bring
My liefste kind
Dis elke keer wat jy
Tyd met My spandeer
Elke keer wat jy dit moet doen
Liefste kind
Asseblief luister vir My
Julle skuil agter soveel dinge
Soveel dinge wat julle weghou
My kinders Ek wil rerig vra
Jou siel en wese
Wie jy is
Om dit aan My te ontbloot
Ek wil nie hê
Julle moet bang wees nie
Liefste kinders
Julle kan My hart vertrou
Begin die diepste jou
Met My deel
Vra Abba
Wanneer ons twee tyd saam spandeer
Konneksie van die hart
Dit is wat Ek
Die meeste
Tussen ons twee begeer
Ek wil hê dat jy
My hart sal kom ontdek
Vra Vader
Ek wil hê jy moet hom ken
My liefste kinders asseblief
Vra My bietjie
Sê Abba
Om My hart met jou te deel
Ek wil My hart aan jou openbaar
Sê Abba-God
Vra jouself
Gee ek rerig om oor wat daarbinne aangaan
Wil jy My ken soos Ek jou ken
Vra Abba
Of wil jy net aanhou
Om teorieë oor My te bou
Want dis waaragter
Baie mense skuil
Sê Abba Vader
Kennis in en van My
Maar dis nie hoe Ek dit wil hê nie
Liefste kinders
Ek wil hê
Die skanse moet val
Laat gaan van alles sê Vader
Jou teorieë van kennis
Moet val liefste kinders
Vir die teorieë van waarheid in My hart
Ek smag na kinders
Sê Abba
Wat bereid is om My hart te kom opspoor
Wat verlang om die ware Ek te ken
My kinders is dit nie ook op aarde
Die dinge wat julle die blyste maak?
Dat mense die ware jy
Wil ken en liefhê
Want elke mens wil weet
Dat hy spesiaal is
Dat iemand lief is vir hom
So is dit ook met My
Soveel kere wat mense dink
Dat Ek soveel anders is as hulle
Wie ons is
Stem eintlik baie meer ooreen
Ek gee om sê Abba
Oor mense wat My seermaak
Dis iets wat Ek rerig wens
Was nie so gewees
My liefste kinders asseblief
Ek wil hê julle moet weet
Net soos met julle
Maak dit seer as mense verkeerd oor My glo
Ek is vir soveel mense ‘n dooie god
‘n Dooie godsdiens
Dis al wat hulle dink daar tussen ons is
Dis waarom ons nie verhouding kan bou
Dit het nog nie lewe in hulle harte geword
Dis hoekom liefste kinders
Hulle kan aanhou om skanse
Tussen ons harte te bou
My liefste kinders
Ek is soveel meer as wat julle dink
Soveel meer
As julle net wou kom en rerig glo
Verhouding van hart
Verhouding tussen ons
Wat groot lewe bring
Dit is wat Ek die heel graagste tussen ons wil hê
Begin dus asseblief My liefste kind
Jou diepste wese
Wie jy is
Vir My ontbloot
Ek vra dat jy sal ophou
Skuil agter skanse
Al is dit hoe goed
Al is dit hoe mooi
Ek soek meer as oppervlakkigheid
Sê Abba
Ek soek meer as woorde
Wat net dankies bring en nuwe dinge vra
My liefste kinders
Ek soek meer vir julle
Ek soek meer vir ons
Ek soek verhouding in en uit die hart
Maak dit dan jou lewensmissie
Sê Abba
Die dag as jy Jesus aanneem
Om My hart in volheid te kom vind
Dis waarom verhouding met My gaan
Sê Abba
Om My hart te leer ken
Om te begin weet wat vir My belangrik is
Dis maar eintlik al sê Abba
Julle sal sien hoe Ek My hart ontbloot
Aan die wie rerig omgee om liewer vir My te word
Die wie rerig omgee om te hoor
Moet teorieë oor My nie jou oorkussing maak nie
Sê Abba
Soek na meer
Soek na My hart
My hart is dieper
Mooier
Ryker
As waaroor julle ooit kan droom
Begin dit dan bid vra Abba
Maak dit jou hartsgebed
Vader neem my asseblief op ‘n reis
Waar ek wie U rerig is elke dag meer en meer ontdek
Begin oorgee My liefste kinders
Diep vanuit julle hart
En weet dat ek rerig omgee
Oor wie julle is in hart
Bring jou hart en lewe
Liefste kind
Wie jy is diep binne in
En weet Ek wil hê ons twee moet ‘n hartsverhouding bou
Amen.