Hou vas, trek deur

Wanneer geloof min is
In tye van swak
Dit is dan kinders van God
Wat ons moet vashou

Ja-nee ons Abba Vader se hand
Moet ons nie ooit laat gaan
Veral nie in tye
Wat dit sleg gaan

Nee ons moet deurtrek
Altyd-oor
Ons moet glo
Saam met my God kan ek hieroor

Dit is geloof vriende
Om aan te hou glo
Al sien jy niks
Al sê die realiteit nie dat hy saamstem

Sien dit is hoe geloof
Groei en sterk word in ons harte
Wanneer ons in daardie tye
Positief bly bely

Ja sê Abba, ja
Ek weet dis somtyds vir julle moeilik
Maar julle kan dit doen
Saam met My

Trek nader in donker tye
En nie weg van My
Dit is die antwoord kinders van Abba God
Om julle vertroue in Hom te bly sit

Vertrou op Hom
Hy sorg altyd-deur
Mildelik sal Hy voorsien
Wat ons nodig het

Met hierdie God aan ons sy
Kan ons nie verkeerd gaan
Dis omdat ek weet
Hy is waarlik lief vir ons

So gee Hom jou lewe
Leer Hom ken, rerig ken
En jou lewe vriend, vriendin
Sal nooit weer diesefde wees

In Hom kan jy glo
Die waardige een
Nie net nou
Maar vir ewig en altyd

Sal jy jou seer vir Hom bring
Stukkie vir stukkie aan Hom gee
So kan Hy genees
Jou hart weer met vrede en hoop vir die pad vorentoe vul

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment