Weet julle My kinders dat Ek
Julle liefhet met ‘n liefde baie groot
Weet julle dat Ek nooit
My rug op een van julle sal draai
Hierdie is woorde
Sê Abba
Waaraan jy in jou donkerste nag
Kan bly vashou
Pappa se kinders
Glo julle vir My
Wanneer Ek vir julle sê
Dat Ek te vertrou is altyd-deur?
Pappa se kinders
Asseblief glo vir My
Dit is My grootste hartsbegeerte
Vir julle om te weet dat Ek veel meer as leë beloftes is
Pappa se kinders
Weet dit asseblief
Ek is vir julle en dis Ek
Wat jou letterlik deur jou donkerste nag sal deurdra
Ja sê Abba Vader
Dis is altyd My hart
Om My kinders te red
Uit die donker situasies waarin hulle, hulle bevind
Kinders julle kan
My maar glo
Wanneer Ek vir julle sê
Dat julle My kan vertrou
Weet dit asseblief vandag
Vra Abba Vader
Weet dit asseblief elke dag
Ek is getrou
My liefste kinders
My hart is altyd goud
Nie net wanneer dit met jou goed gaan
Of jy kry wat jy wil hê
Nee My liefste kinders
Pappa se kinders dit werk nie so
Ek wil jou op ‘n plek bring waar jy dit altyd sê
Maak nie saak wat jou omring
Ja My liefste kind
Sal jy dit asseblief glo
Van vooraf sê Pappa
Tot die end
My kinders, liefste kinders
Ek gee om vir julle
Weet dit asseblief vandag
Weet dit altyd
Ja My kinders
Pappa se kinders
Van die begin wat Ek vra
Asseblief vertrou My hart
My kinders
Dit is vir julle so maklik om te sê en doen
Wanneer dit met julle goed gaan
Maar wat van wanneer die kwaad aan julle deure kom klop?
My liefste kinders
Dit is dan wanneer julle dade
En woorde
Die meeste moet vertel hiervan
Hoekom is dit vir My kinders
So maklik om My hand te bly los
Wanneer swaar julle pad kom kruis
My kinders hoekom doen julle dit?
My liefste kinders
As geloof nie eg bevind kan word
In donker tye nie
Hoeveel te meer in die goeie
My liefste kinders
Asseblief
Ek wil hê julle moet weet
Julle Pappa-God Hy gee baie om vir julle
Ja sê Abba Vader
Nie net in die maklike dae wanneer alles goed gaan nie
Maar ook in die swaar tye wat alles vir jou sê
Ek is teen jou
Dis dan wat jy
My liefde moet onthou kind
Die donker dae
Wanneer hoop moeilik is om te vind
Hou dan vas aan My liefde
My kind
Hou vas en weet
God is in beheer en Hy sien jou
Dis dan My liefste kind
Dit is dan wat geloof die meeste tel
Wanneer donker dae sy mes vir jou inhet
En jy dink gaan ek weer die dag sien?
Ja My liefste kind
Ja
Saam met My beslis
Daaraan hoef jy nooit vir ‘n oomblik te twyfel
My liefde en omgee
Is groter as die donkerste nag
My liefste kind
Ek wil hê jy moet dit onthou
Ja sê Pappa, ja
Altyd word Ek getrou bevind
In die storms van die lewe
Word dit oor en oor bewys
Kinders al wat julle in daardie tye moet bly doen
Is vashou
Vashou aan My hand
Vashou aan My goue hart
Dit is wat julle gaan deurtrek
My liefste kinders
My omgee en liefde vir jou
Selfs in die donkerste nag
Amen.