Kan Ek kapsie aanteken?

Soek en jy sal vind
Dit is wat My Woord bly sê
Dis wat Ek aanhou sê
Tog wil so min dit rerig doen

Kinders van hierdie wêreld
Kinders wat verkeerd glo
Kom nader
Kom ‘n bietjie nader aan My hart

Kom vind ‘n bietjie uit
Waarop jy nog al die jare uitmis
Kom vind uit
Waarvoor jy nog al die jare nee sê

Julle het nie ‘n idee
Kinders van die wêreld
Julle weet nie wie Ek is
Julle het nie ‘n idee

Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om te kom ontdek
Julle wat so verkeerd-glo
Kom ‘n bietjie nader aan My

Dis vir My somtyds so moeilik
Sê Abba-God
Om Myself te vereenselwig
Met wat die wêreld-se-mense van My sê

Dis dan vir My so duidelik
Sê Abba-God
Dat hulle nie weet wie Ek is
En dat hulle ook nie belangstel om te vind

Wat vir My dan die vreemdste is
Sê Abba-God
Is dat hulle nie in My glo nie
Maar My nogsteeds in tye van nood wil aanroep

Sien dis wat vir My moeilik is sê Abba
Moeilik om te aanvaar
Moeilik om My kop rondom dit te kry
Dat hierdie wêreld en sy mense My altyd op hulle terme wil bly dien

Dis vir My moeilik
Sê Abba-God
Moeilik om dit te aanvaar
Moeilik om Myself daarmee te vereenselwig

Partykeer is dit moeilik
Sê Abba
Moeilik om te onthou dat julle My kinders is
Moeilik om te onthou dat Ek julle geskep het

My kinders dis omdat
Die dinge wat julle
Oor en van My glo
Dis omdat dit verskriklik is

Ek weet baie kere nie
Hoe dit moontlik is nie
Ek dink nie Ek het ooit besef
Dat die duiwel julle sover sal kan mislei

Dit is ‘n groot seer vir My
Sê Abba-God
Om baie kere die dinge aan te hoor
Wat hierdie wêreld en sy mense van My sê

Dis nie lekker nie
Sê Abba-God
Dis nie lekker as ‘n mens sien
Leuens word oor jou rondvertel

En ja sê Abba-God
Die natuurlike reaksie
Is om vir jouself op te staan
Te wys maar hulle is verkeerd

En dis maar al wat Ek probeer doen
Sê Abba-God
Met al die briefies wat Ek skryf
Die dinge wat Ek doen

Ek probeer om hierdie wêreld
Die waarheid te wys
Ek probeer om hulle oë
Oop te maak

Tog verstaan Ek sê Abba-God
Dat daar mense is
Wat net nooit reg oor My gaan glo
Wat verkeerd gaan bly kies

Maar dis reg sê Abba-God
Weet julle dit is reg
Solank Ek weet Ek het My beste gedoen
Om hulle oë oop te kry

En glo in hierdie wêreld
Sê Abba-God
Ek weet dat alles nog kan regkom
As sy net wou draai na My

Dis hoekom Ek aanhou klop
Sê Abba-Vader
Aan elke liewe mensehart
Konstant daarmee besig is

Ja sê Abba-Vader
My hart is om almal
Deel van My Koninkryk te kry
Ek wil nie hê 1 mens moet nee daarvoor sê

Tog wat kan Ek doen
As mense aanhou om nee daarvoor te sê
As hulle konstant aanhou
Om My weg te wys

Ja sê Abba, ja
Ek weet dit is so verkeerd
As hulle net wou begin sien
As hulle net wou begin reg glo

Maar daar is nog tyd sê Abba
Al raak die tyd bitter-min
Tyd om hulle van die waarheid te oortuig
Om hulle te help sien

Ek sal aanhou sê Abba-God
Tot daar net nie meer tyd oor is nie
Aanhou met die hoop
Dat tog almal ja sal sê

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment