U Lig is goed vir my
Dit sal ek bly glo
Ek sal nie vir hom bang wees
Of daarvan weghardloop
Vader ek het al gesien
Wat U doen met harte wat oorgee aan U
U maak dit so mooi
U gee die lewe sin
Vader U genade is so goed
U genade is so groot
Ons kan nie genoeg
Van U kry
Dankie Vader dat U in ons glo
Selfs wanneer ons nie baie moed
Vir onsself het
Dankie dat U nooit opgee
U weet wie ons is
U weet U het ons gemaak
Vir U is ons so spesiaal
U sal ons nooit verruil
Dankie Abba-God dat U ons liefhet
Selfs wanneer ons g’n
Of min liefde vir onsself het
Dankie dat U ons vergeef
U maak alles nuut Abba-Vader
U gee U kinders ‘n nuwe begin
Gebreek en stukkend van die verlede
U sê altyd kom ons probeer net weer
Liefste kinders
Julle moenie opgee op hierdie lewe nie
Selfs al is hy swaar, diep en donker op plekke
Moet julle weet Ek is altyd daar
Ek sal NOOIT My rug op julle draai nie
Kinders van Abba-God
Weet en luister
Ek gee om vir julle
Saam met My is die lewe
Altyd die moeite werd
My kinders Ek wil hê julle moet dit glo
Julle harte en oë op My bly hou
Moenie ooit dink aan opgee nie
Liefste kinders
Saam met My is dit nie nodig nie
Ek is altyd daar
Kinders van Abba-God
Wees sterk en vol moed
Selfs wanneer julle moed-verloor
Sal Ek julle altyd weer ophelp
Kinders Ek is altyd daar
Dit kan julle glo
My hart kan julle vertrou
Deur elke storm sal Ek julle dra
Hou julle oë op My
Groei en word sterk saam met My
Kinders selfs in die moeilike tye
Kan Ek julle die mooiste lesse leer
My oë is op julle
Nooit sal Ek julle verlaat
Hou julle oë op My en weet
Ons gaan beslis saam daardeur
Nooit sal Ek julle hand los
Nooit sal Ek sê Ek gee nie meer om
Ek is altyd daar My liefste kinders
Dit kan julle glo, moenie ooit julle oë van My afhaal
Amen.