Liefdeslig

Dankie, dankie, dankie
Dit is die lied
Wat my hart
Hierbinne sing

Hy is so bly
Hy wil net meer oorgee
Aan ons God
Skepper en Heer

Dankie liefste God
Dat U so baie omgee
Oor wat die lewe se seer
Aan ons harte doen

Dankie dat ons al die diep ellende
Altyd met U kan deel
Dat U altyd
Omgee om te hoor

As die lewe se laste dikwels so swaar raak
Wil U so graag hê
Dat ons na U sal draai en sê
Vader help my asseblief hiermee

Kinders dis wat Ek altyd
So graag wil hê julle moet doen
Ek wil hê julle moet julle harte oopmaak
My na diep binne nooi

Kinders die seer in julle harte
Kan Ek nooit gesond maak
Maak nie saak hoe graag Ek wil
As julle nie julle harte vir genesing oopmaak

Nooi My dan asseblief altyd na binne
Sê gereeld Abba Vader
Kyk asseblief
Is daar nog iets wat stukkend is

Ek soek jou so graag heel
My liefste seun, dogter
Ek wil nie hê dat enige pyn
Sal kan wegkruip

Nooi My Lig
Altyd dieper
Vra altyd na meer
Vertrou My vir volle genesing

Liefste kind
Kom asseblief altyd nader
Begin asseblief om in diepte
Na My en My volheid te vra

Liefste kinders
Moenie bang wees om julle harte
Voor My te ontbloot
Wees asseblief wie jy is

Moenie voorgee nie
Bring jou trane
Bring jou seer
Moenie daaragter wil wegkruip

My liefste kinders
Genesing van julle harte
Is altyd vir My
‘n Groot prioriteit

Dis omdat Ek julle wil heel hê
Heel hê in My liefde
My aanvaarding
En dat Ek altyd in beheer is

Glo dan asseblief altyd vir My
Maak My deel van die seer
Wat hierdie wêreld aan jou doen
En weet Ek kan en wil genees

Halleluja, Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment