Die wie soek
Sê Abba Vader
Die wie My rerig-rerig soek
Hulle sal My opspoor
Kinders dit is genoeg dat julle
Vir die hele wye wêreld vertel dat Ek nie bestaan
Julle wat My skaars ken
Julle wat net nooit vind
Ek raak moeg sê Abba-Vader
Om met julle leuens te kompeteer
Ek is waarheid sê Abba-God
Dit is wat julle sou sien as julle net julle harte en oë wou oopmaak
Liefste kinders
Julle glo nie reg nie
Julle glo al die verkeerd oor My
En dis nie hoe dit moet wees
Ek nooi die kinders van die wêreld
Om My te kom vind sê Abba-God
Ek wil ook rerig hê
Dat hulle My moet opspoor
Kinders van die wêreld
Luister vir My
Ek is lief vir julle
Ek het julle nie verstoot
Kinders van die wêreld
Die genade-deur staan nog oop
Hy wag vir julle om ja te sê
Dis Hy wat aanhou om julle nader te nooi
Kinders van die wêreld
Ek wil vra dat julle sal begin ja sê
Ja sê om My te vind
Ja sê om na My te kom
Kinders van die wêreld
Luister asseblief vir My
Die tyd raak min
My hart is nie dat 1 mens verlore gaan
Kinders Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om te kom sien
Dat julle so verkeerd
Oor My glo
Ek wil die kloutjie vir julle
By die oor uitbring
Kinders Ek wil julle help
Om in My te glo
Hoekom is dit so moeilik
Sê Abba-God
So moeilik om jou hart en hand van vertroue
In My te plaas
As julle net bereid was sê Abba-God
Om in ware geloof nader aan My te beweeg
Sou julle so vinnig sien
Dat Ek ware werklikheid is
Kinders van die wêreld
Asseblief luister vir My
Kans op kans op kans gee Ek julle
Wanneer gaan jy ja sê?
Ek wil vra dat jou hart
Sag word sê Abba
Ek wil nie hê jy moet hom so hard
Teenoor My en My liefde vir jou hou
Kinders asseblief luister vir My
Julle wat nie in ‘n God glo
Luister vir My
Daar is een
Hoog-verhewe
Is Hy bo alle ander
Daar is geen ander
Wat ooit soos Hy sal wees
Ja sê Abba-God
Ek weet daar is baie van julle
Wat My bly wegwys
Tog sal Ek genade aan julle bewys
Ek sal aanhou roep sê Abba-God
Ek sal aanhou klop
Sodat Ek nie in die Ewigheid sal hoef te sê
Het Ek maar nog net 1 keer probeer
Kinders luister asseblief vir My
Die tyd is besig om uit te loop
Die tyd raak min
Sal jy asseblief vir My ja sê
Sal jy waarlik kom vind?
Sal jy bereid wees om te erken jy was verkeerd?
Kind Ek is meer as bereid om jou te vergewe
As jy net wou ja sê
Amen.