Liewe Suid-Afrikaner

Ek wil hê julle moet begin aandag gee
Aan die manier
Hoe julle mense om julle hanteer
Sê Abba Vader

Ek wil hê julle moet begin dink
Aan maniere waarop julle
Dinge vir die mense om julle
Kan beter maak

Liefste kinders
Daar is soveel seer om julle sê Abba
En Ek wil vra dat julle dit sal beter maak
Deur die manier waarop julle mekaar hanteer

Ja sê Abba-Vader
Jy kan ‘n verskil maak net waar jy is
Deur dit wat jy doen
Deur dit wat julle sê

Begin asseblief om pleisters
Bo-oor julle lippe te plaas
Julle hoef nie alles te sê
Wat daaruit wil voortvloei

Nee
Sê Abba-God
Begin ‘n bietjie jou tande byt
Begin ‘n bietjie ophou daarmee

Ek wil hê julle moet ophou sê Abba-God
Met die neerhalende manier
Waarop julle die mense om julle hanteer
Veral die van ‘n ander kleur

Ek wil hê dat julle sal begin besef
Dit bring My geen eer nie sê Abba-Vader
Alhoewel jy wil bly glo
Dat jy soos ‘n kind van God optree

My liefste kinders
Ek wil vra dat julle met mooi-wees in julle harte
Na die mense om julle sal begin kyk
Dat julle sal besef Ek het hulle ook gemaak

Begin om julle teorieë
Oor hoekom dit nie
Sal en kan werk nie
Begin dit neerlê

My liefste kinders
Het julle geweet of het julle dalk vergeet
Dat Ek die onmoontlike
In enige situasie kan vermag?

Nee sê Abba-God
Nee rerig
Hou op om neer te kyk op mense van ‘n ander kleur
En weet dit ook hulle het Ek gemaak

Ja sê Abba-Vader
Hulle loop dalk nog nie almal in My weë nie
Sê Abba-God
Dis hoekom Ek jou wil gebruik

Sal jy ‘n bietjie begin
Om My hart met hulle te deel
Sal julle bietjie vir hulle begin wys
Hoe My liefde lyk

Ja sê Abba-God
Daar is baie mense in hierdie land
Wat aanhou om te sê hulle is My kind
Maar dan nogsteeds met harte van haat teenoor ander mense rondloop

Liefste kinders asseblief
Ek is ‘n God van liefde
Nie ‘n God van haat
Dit is wat Ek wil hê julle moet vir hulle wys

Wys vir hulle sê Abba-God
Dat daar vergifnis is by My
Wys hulle dat Ek
Die God van 2de kanse is

Liefste kinders luister asseblief
Ek weet dis dalk moeilik
Om uit jouself te doen wat Ek nou hier vra
Maar dit is hoekom Ek hier is

Wanneer laas het jy gebid
Vader-God help my
Om U liefde en karakter
Aan die mense rondom my te leef

Wanneer laas het julle hierdie woorde gebid
Vra Abba-God
Julle wat julleself
Sulke groot Christene wil noem

As jy regtig so ‘n groot Christen was
Sê Abba
Sou jy die verkeerde woorde
Wat in jou mond teenoor ander lê neerlê

Jy sou laat gaan
Van alles wat sê
Dit is nie
Jesus se karakter leef

Hoekom is dit so moeilik vir julle
Vra Abba
Om te vergeef
Hoekom verstaan julle nie dit is wat die land lamlê

Dis wat die Gees van Dood
In hierdie land aan die gang hou sê Abba
Julle, My kinders
Wat nie wil vergeef

Hoe lank vra Vader-God
Wil julle hê
Moet daar nog verwoesting
In hierdie land wees

Wanneer
Sê Abba-God
Gaan elke mens in Suid-Afrika
Die ander een vergeef

Want dis tyd sê Abba
Dis tyd
Plaas dat julle begin hande vat
Plaas dat julle vir mekaar sê ons gaan dit maak werk

My planne vir hierdie land is sooo mooi
Sê Abba-Vader
En Ek vra julle My kinders
Om saam met My te begin werk

Begin nee sê, sê Abba-God
Wanneer afkrakende woorde
Teenoor jou land en sy mense
Aan jou deur klop

Begin nee dankie sê
Sê Abba-God
Ek wil nie meer hê dat My kinders en hulle monde
Lyn reguit saam met Satan en sy planne vir hierdie land loop

Hoekom begin julle nie lewe spreek
In al die dooie situasies wat julle omring
Net soos wat Esegiël
Dit met die dooie bene moes doen?

Hoekom begin julle nie seën nie
Sê Abba-Vader-God
Die mense wat julle so seermaak
Net soos wat My Seun aan die kruishout doen?

Hoekom begin julle nie bid nie vra Vader-God
Nee liefste kinders want dit bly te maklik
Om hierdie land, sy mense, al die verkeerd
Met julle woorde en aksies af te breek

Ek wil vra dat julle
Hierdie land en sy mense
Saam met My sal begin oplig
Sê Abba-Vader

Ek wil weer sê Abba Vader
Die mooiste stene van vergifnis
En liefde vir jou medemens
In julle land se fondasie inbou

Wie gaan My help sê Abba
Wie gaan My help
Aan elke Afrikaner
Om hierdie land weer op te bou?

Ek praat met elke Afrikaner
Sê Abba-God
Ek praat met elkeen
Wat homself ‘n Christen noem

Jy kan nie dink sê Abba-God
Dat jy ‘n kind van God is
Dat jou saak reg is met My
Maar jy sit met haat in jou hart

Nee
My liefste kind
Nee
Dit is so verkeerd

Ja sê Abba-God
Ek stem saam dat baie dinge in julle land
Hopeloos lyk en dat dit heel moontlik
Nog erger gaan begin lyk

Tog wil Ek jou vra
Om in GELOOF saam met My op te staan
En te proklameer
Dat hierdie land en Sy mense aan God behoort!

Hoekom wil julle dit nie doen nie
Vra Abba-God
Wil julle die vyand regtig
Nog meer voet-in-die-deur kans gee?

My liefste kinders
Julle moet verstaan
Dat hy elke stukkie wat julle aan hom toevertrou
Gaan gebruik

Hy is nie dom nie sê Abba-God
Hy weet hoe om die haat in hierdie land
Te gebruik om die land en sy mense
Die seerste te maak

Hy weet hoe om onmin te saai
Hy weet hoe om onvergifnis
In die harte van die mens
Op te bou

Moet dan nie verbaas wees nie
My liefste kinders
As julle nog meer moord en slagtings
Rondom julle sien gebeur

Hy gebruik julle woorde
Van dood en hopeloosheid
Vir hierdie land en sy situasie
Om sy planne aan te vuur

Verstaan julle nie sê Abba-God
Verstaan julle nie My liefste kinders
Dat julle soveel krag het
Om hierdie land vir goed te draai

Hoekom wil julle dit nie doen nie
My liefste kinders
Hoekom
Wil julle nie vergeef

Julle is besig om hierdie land en sy mense
Nog soveel seerder te maak
Omdat julle die haat in julle harte
Aan die lewe wil hou

My liefste kinders asseblief
Luister vir My
Ek wil die dood en haat in die hart van elke mens in hierdie land
Laat doodgaan

Ek wil dit laat sterf
Ek wil dit uitroei
Sodat dit nie weer ‘n effek
Op julle land en sy mense sal hê

Soek julle nie weer ‘n land sê Abba-God
Waar julle in vrede kan woon
‘n Land waar daar soveel liefde
Gemeenskap en eenheid tussen die mense rus

My liefste kinders
Dit is My hart
Vir julle geliefde land
Suid-Afrika

Ja sê Abba-God
Ek weet van elke liewe gebed al vir hierdie nasie gebid
En ja sê Abba-Vader
Ek wil vra dat julle daarmee sal aanhou

My liefste kinders
Moenie ophou nie totdat die Lig deurbreek
Saam sal ons baklei sê Abba
En ons sal hierdie land en sy mense uit die kloue van die vyand terugneem

Lank genoeg sê Abba-God
Dat die vyand soveel van julle steel
Hy kry dit reg sê Abba-God
Met die haat wat in julle harte teenoor julle medemens bly lê

Ek wil vra dat julle
Hierdie land en sy mense
Sal vergeef sê Abba
Ja vir al die verkeerd

Hou op glo
Dat daar nie meer ‘n kans vir hierdie nasie is nie
Daar is sê Abba-God
Want Ek is die Ewige Ek Is

Begin die mense in hierdie land seën
Sê Abba
Begin vir julle land
En sy mense bid

Ek is nog nie klaar met hierdie nasie nie
Sê Abba-God
Ek wil hê julle moet weet
Dat Ek in julle midde sit

Hierdie woorde is gestuur
Sê Abba-God
Om julle harte hoop te gee
In die donker tye wat voorlê

My liefste kinders asseblief
Ek vra julle om te vergeef
Ek vra omdat Ek nie wil hê
Julle moet nog seerder kry

Hoe vinniger julle vergeef
Hoe vinniger julle begin
Om saam met My aan die planne vir hierdie land te werk
Hoe vinniger gaan die Lig deurbreek

Hou moed Suid-Afrika
Hou moed My liefste kinders
Ek is by julle
Dit is wat die Lewende God sê

Ek het nie van julle vergeet nie
Sê Abba-God
Al gaan dit dalk partykeer
Vir julle so voel

Ek staan agter die grys wolk wat hierdie land omring
En wanneer My Lig deurbreek gaan julle sien
Hoe Ek met ‘n reënboog in My hart
Oor julle nasie staan

Ja sê Abba-Vader
Dis hoekom Ek julle die reënboog-nasie noem
Verskillende kleure mense
Een in My Koninkryk

Hou dan moed
My liefste kinders
En weet dan
Dat Ek altyd by julle is

Mense sal sê
Ek het My hand van julle af weggeneem
Sê Abba-God
Oor al die chaos wat gaan gebeur

Maar liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Dit is nie so
Ek sal altyd by julle wees

Hierdie pad is nodig
Sê Abba-Vader
Vir die Lig
Om vir eens en altyd deur te breek

Onthou dit dan sê Abba-God
Wanneer daar nog donkerder dae kom
Onthou hierdie woorde
En weet dat Ek nogsteeds hoop gee

Ek praat met julle harte
Liefste Suid-Afrika
Ek praat met julle harte
En Ek hoop julle gee gehoor

Dis tyd dat julle My wil
My weë
My manier
Bo die van julle plaas

Ek gaan die Lig
Saam met My bring
Maar dan moet julle
My aangesig bly soek

Moenie wegdraai nie Suid-Afrika
So sê Abba
Draai eerder met jou alles
Weer terug na My

Ek gaan hierdie nasie draai
Sê Abba-God
Ek kan en Ek gaan
Deur mense wat doen wat Ek vra

Vergeef gou My liefste kinders
Asseblief vergewe gou
En maak seker dat daar niks meer onvergifnis
Haat of bitterheid in julle harte lê

Draai na My
Maak My weer jou alles
En sien liefste kinders
Sien Suid-Afrika hoe My Lig deurbreek

So sê die Lewende God
Aan Hom alleen
Al die lof en eer
Amen

Wanneer gaan dit gebeur
Wil julle dikwels weet
My kinders dit maak nie saak
Wat, hoe of wanneer nie

Al wat saak maak is
Dat die mense in hierdie land
Waarlik sal begin
Om mekaar te vergeef

Begin vandag sê Abba
Vir gister
Vir vandag
En dit wat nog voorlê

Die Lig gaan deurbreek My liefste kinders
My Lig
Behou geloof, behou hoop en hou aan
Om woorde van LEWE oor die land te spreek

Want net soos wat woorde van dood
Vrug dra en opkom
Net so ook
Met die woorde van lewe spreek

Hou dan aan sê Abba-God
Hou dan aan
Moenie toelaat dat een negatiewe woord oor hierdie land
Jou mond verlaat

Hou altyd aan sê Ek is in beheer
Hou altyd aan sê dat Ek
Die onmoontlike in hierdie land gaan moontlik maak
Dit sê die Heer

Seën, seën
En moet nie vervloek
Selfs al sê die omstandighede so
Selfs al is daar verkeerd

Die woorde van SEËN en LEWE
Wat julle oor hierdie land
Uitspreek
Sal VRUG dra

Kies dan reg asseblief
Kinders van God
Kies My weg
Dit is wat Vader vra

Amen.

 

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment