Meer as drome

Kom gee My jou hart
Kom gee My jou lewe
Kom maak asseblief seker
Dat wie jy is alreeds aan My behoort

Kinders Ek wil julle
Meer gee
Meer as waaroor julle ooit kan droom
Wie sal ja sê?

Kinders van My hart
Luister asseblief vir My
Lewe en Oorvloed
Het Ek vir jou voorberei

Kom asseblief
Kom asseblief nader aan My
Sal julle asseblief kom vind
Waarvan Ek hier praat

Maak julle harte oop
Nooi My ten volle in
Ek is die Lewe, die Hoop
Wat julle so verlang om te hê

Gaan julle kom vind
Gaan julle kom soek
Kinders van My hart
Kom asseblief nader aan My

Weet jy dat Ek
Die Antwoord is
Weet jy Ek het met My bloed betaal
Sodat jy vry kan wees?

Kom gee My jou hart
Kom gee My jou lewe
Kom leef asseblief
Ten volle vir My

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

0 thoughts on “Meer as drome”

Leave a comment