My hele hart

Suiwer my hart Here Jesus
Maak dit skoon
Vat weg
Alles wat nie daarbinne hoort

My grootste behoefte
Is om U te dien
Met my alles
Net soos U van my vra

Ek wil nie meer lou wees nie
Dit maak my moeg
Die wêreldse gesoek
Na altyd meer

My begeerte is na U
Voluit wil ek die pad stap
Nee vir terugdraai
Nee wanneer hulle sê probeer net weer

Op U Jesus
Sal ek bly staan
Geanker op die Rots
Wat nooit nie kan vergaan

My hoop, my anker
My lewe dit is U
Mag dit altyd so wees
Dit is die vra van my hart.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment