Alle lof en eer
Wil ons aan die
Koning van hierdie wêreld
Bring
Niemand is hoër
As ons God
Niks of Niemand
Kan doen wat Hy doen
Elke dag gee Hy
Wie Hy is
Mildelik deel Hy Sy liefde
Kyk net om jou heen
Liefste wêreld daar is niemand
Wat dit meer verdien
Om Hom te bemin
Dit moet ons alles wees
Liewe wêreld
Ek nooi julle om te kom hoor
Ek nooi julle om te kom uitvind
Hoe hierdie Koning oor julle voel
Die sonde in hierdie wêreld
Maak dit moeilik vir mense
Om My te vind
Dit maak dit moeilik om My te hoor
Dis omdat sonde
Die harte van die kinders in hierde wêreld
Bly verhard
Ek wil nie hê dit moet so wees
Liefste kinders
Liefste wêreld
Sal julle toelaat dat die sagtheid van wie Ek is
Julle harte omvou
Asseblief liewe wêreld
Moenie julle harte meer hard teenoor My hou
Ek kan nie daarmee werk
Dit maak My hart so seer
Liefste wêreld
Liefste kinders
Hoor hierdie woorde
Asseblief keer terug na My
Keer terug na My
Met alles wat jy het
Kom nader
Kom hoor die liefde wat Ek vir jou het
As jy My net wou toelaat
Om deur die harde kors
Om jou hart te breek
As jy My warm liefde net wou toelaat
Die muur van seer en bitterheid
Die mure van wanhoop en hopeloosheid wil Ek afbreek
Ek wil dit dit breek
Met die waarheid van wie Ek is
Liefste wêreld
Sal jy My toelaat
Sal jy My toelaat om My warm hart
Oor jou koue hart van haat te vou
Ek weet en verstaan nie aldag
Hoe julle My so kan haat
Dis asof julle rerig nie verstaan
Dat Ek alles is wat goed en mooi is
Liewe wêreld
Dis tyd dat julle My leer ken
Dis tyd dat julle die leuens van julle afgooi
Al die leuens wat julle so vêr van My af hou
Dis leuens sê Vader
Leuens wat julle so ‘n plek
Van eer en geloof in julle harte gee
o My liefste kinders julle is so verkeerd
Ek vra julle
Om op My weë te kom loop
Ek vra julle
Om My en My hart te kom verken
Daar is niks mooier
As Ek in hierdie lewe nie
My liefste kinders
Ek wil hê julle moet dit weet
Kom lê julle gebrokenheid voor My neer
Die altyd-beter-weet
My liefste kinders asseblief
Dit hoort nie so
Alles wat mooi is
Alles wat mooi is sal Ek saambring
As jy net wou glo
My na binne wil nooi
Liefste kinders van hierdie wêreld
Asseblief maak oop julle oë
Julle is verblind
Verblind om My nie raak te sien
Liefste wêreld asseblief
Dit gaan te laat wees
As jy aanhou weier om te kom
Dit gaan te laat wees
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om te kom
Asseblief luister vir My
Asseblief hoor wat Ek vra
Dit gaan te laat wees
Sê Abba
Dit gaan te laat wees
Moenie tot op die einde wag
My genade is genoeg
Sê Abba
My genade is genoeg
Asseblief moenie dat dit ooit te laat wees
Hou op om daarmee te speel
Sê Abba
Asseblief liefste kinders
Daar is nog tyd
Asseblief kom nou
Net soos wat jy is
Net soos wat jy is
Kom asseblief nou
My liefde is warm
Ek wil jou daarin toevou
Asseblief sal jy kom
My toelaat
Dankie liefste kind
Dat jy luister
Dat jy ag gee
Dat jy omgee om ook My te vind
Halleluja, Amen.
Amen
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!