Loof Hom
Wat waardig is
Loof Hom
Wat ewig is
Daar is niks
Wat hierdie God van ons
Niks wat Hy
Nie kan doen
Die berge
Het Hy gemaak
Die valleie
En dieptes ook
Van al die sterre
In die hemelruim
Tot die groot blydskap
In my hart
Een vir een kan ons
Sy goedheid vir die mensdom tel
Daar is net niemand
Soos ons God
Hy is so goed
Wie Hy is
Bly ewig waar
Hy is ewig te vertrou
My liefste kinders
Haal julle oë
Af van die wêreld
Plaas dit asseblief op My
Ek is die Enigste Een
Wat die grootste
Pyn en seer
Kan beter maak
Daar is niks beter
Of mooier as Ek
Ek is die Enigste Een
Wat die Ewige Lewe gee
Kom na My
Vra Abba-God
Kom vind jou vreugde
In My
Die wêreld kan jou nie gee
Wat Ek vir jou wil gee
Dit kan net
Aanhou probeer
In My gaan jy soveel blydskap vind
‘n Blydskap ongeewenaar
Plaas jou vertroue op My
Vra ons Abba-God
Ek is die God
Van Lewe
Ek is die God
Van Oorvloed
Plaas jou vertroue
Op My
En sien liewe wêreld
Hoe Ek jou paaie gelyk maak
Daar is niks wat Ek nie kan doen
Sê Abba-God
Ek spreek ewig vry
Ek kan ewig verdoem
My liefste kinders
Liewe wêreld
Luister asseblief vir My
Ek is die God wat ewig is
Daar is niemand
Soos Ek
Niemand, niemand
Ek is die Ewige Ek Is
Ek is nie besig
Om My eie beuel te blaas
Ek is besig om vir jou te vertel
Wie Ek rerig is
Daar is niks of niemand op aarde
In die hemel
Of onder die aarde
Wat ooit met My kan vergelyk
Beeldskoon in aangesig
Beeldskoon in alles wat Ek is
Dit is Ek
Dit is Ek
Beeldskoon
Is dalk nie die woord
Beter as beeldskoon
Dit is wat ek dink
My Koning is beter as hierdie lewe
Beter en mooier as alles
Wat hierdie wêreld
Ooit kan offer
My grootste begeerte
Is om vir altyd
By my Hemelse Pappa te wees
Wat van jou?
Ek wonder baie kere
Hoe gaan dit wees
Om veraltyd by Pappa-God te wees
Dit gaan Pure Hemel wees!
Die Hemel
Moet ‘n absoluut wonderlike plek wees
Dink net ‘n plek waar ons
Vir altyd saam met God gaan wees
Abba-God baie dankie
Vir die wonderlike plek deur U voorberei
Vader ons sien rerig uit
Om vir ewig by U te wees
In U Lig te loop en wandel
In U Lig te woon
Hoe wonderlik
Hoe wonderlik gaan dit wees
Abba-God baie dankie
Dankie vir die hemel deur U voorberei
Ons verlang, ons sien uit
Om vir altyd by U te wees
U is die God
Wat Lewe gee
U is die Ewige EK IS
Dankie Pappa-God daarvoor
Ons wil ons lewens gee
Wie ons is
Alles wat ons het
Alles vir U eer
Dankie Abba Pappa-God
Vir die planne
Wat U vir ons lewens het
Dankie dat dit pragtig-mooi is
My liefste Koning
Pappa-God
Ek weet dat U drome vir ons mooi is
Ek weet dat U voleindig dit wat U begin
Daarom sal ons aan U bly vashou
Abba-God
Met alles wat ons het
Met alles wat ons is
Deur U genade alleen
Sal ons bly staan
Bly getuig
U is die Een wat veraltyd en ewig is
Ons sal U bly vertrou
Ons oë op U bly hou
U is die Een wat ons Anker is
U is die Een wat ons so styf vashou
Amen.