Ek staan by die
Deur van jou hart
Ek klop liewe wêreld
Liewe mensdom kan jy My hoor?
Hoekom hou jy aan sê nee
Wil Abba weet
Liefste kinders julle het nie ‘n idee
Waarvoor julle nee sê
Hoekom is dit so
Wil Abba Vader weet
Hoekom laat jy toe dat die vyand
Jou soveel leuens oor My bly voer
Liefste wêreld
Julle is verkeerd
Julle glo verkeerd oor My
Julle het nie ‘n idee
As julle kon sien hoe verkeerd julle oor My is
Sou julle dit skaars kon glo
Hoe het ons tot hier gekom
Dit sal julle kreet wees
Liefste wêreld, liefste kinders
Julle glo verkeerd oor My
Ek wil hê julle moet kom
Sodat Ek julle reg kan leer
Asseblief hou op sê Nee
Asseblief hou op sê jy wil nie kom
Liefste kind asseblief luister
Ek sê vir jou jy weet nie waarop jy jou rug draai
‘n God wat jou liefhet
Met alles in My
‘n God wat jou bemin
‘n Seun wat Sy alles gegee het vir jou
Sal julle asseblief glo
In die dood van My Seun
Sal julle glo Hy leef
Hy het die dood, graf en hel vir ewig oorwin!
My liefste kinders
Deur die dood en bloed van My Seun
Kan jy kom
Sal jy Hom asseblief aanneem?
Ek is die Weg
Die Waarheid
En die Lewe
Sê die Seun
Ek is die Weg
Na My Vader se hart
As jy na Hom wil kom
Moet jy deur My kom
Verlossing is deur My
Sê die Seun
Verlossing vir die mensdom
Dit lê slegs in My
Dis al vir jare wat julle
Bly wegdraai van My
Wanneer gaan julle kom
My toelaat om julle lewens om te draai
Hoekom wil julle
In die sleg bly wandel
As daar soveel goed
In en rondom julle is
My liefste kinders
Verstaan julle nie
Ek het julle gemaak
Ek weet hoe om die mooi in julle na vore te bring
Liefste Koning
Ons wil ja sê
Ons wil aanhou vra dat U
Die tuine van ons hart sal bewerk
Abba-God U is God
U is goed
En wat U doen en vra
Doen en vra U omdat U weet wat die beste vir ons is
Abba ek wil kom en ek wil meer geloof
Oor die harte van die mensekinders kom bid
Abba sal U ons asseblief help
Om waarlik te glo
Abba sal U ons asseblief leer
Wat die waarheid is
Sal U U hart vir ons oopmaak
Vir ons wys wat daarbinne lê
Abba ek wil bid
Dat elke mens U sal leer ken
Dat elke mens hul hart voor U sal ontbloot
U waarlik sal innooi
Liefste God, ons God
U is goed
U is God
Ons sê baie, baie dankie daarvoor
Halleluja, Amen.
Amen
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!