Hulp van Bo

Aan ons God
In die hemel
Aan Hom
Al die lof en eer

Aan Hom wat die Ewige Koning is
Wil ons hulde bring
Aan Hom wat ewig was
Is en sal wees

Liewe wêreld
Wil jy Hom nie na binnenooi
Hy verlang om elke mens op hierdie aarde
Sy kind te noem

‘n Koning se kind
Sê Abba
Wit gewas, rein
Deur die bloed van My Seun

Daar is geen sonde
Sê Abba Vader
Wat Ek nie skoon sal was
Wat Ek nie sal vergeef

As jy liefste kind
Net bereid is om te kom
En alles voor My neer te lê
My liefste kinders

Liefste wêreld
Ek weet daar is dinge
Donker goed wat jy gedoen het
Wat jy dink Ek sal nie kan vergeef

My liefste kind
Ek wil vandag vir jou HOOP gee
Nuwe Hoop
Daar is geen sonde wat My Seun nie sal vergeef

As jy bereid is om te kom
As jy bereid is om te bely
As jy bereid is om jammer te sê
Moet jy weet daar is EWIGE HOOP in My Seun

Liefste wêreld
Ek sal die sondes nie teen julle hou nie
Ek sal vergeef
As julle bereid is om te vra

Sal julle sê Abba
Sal julle toelaat dat die skeidsmuur tussen ons val
Die gordyn is geskeur sê Abba
Julle kan nader tree

My liefste kinders
Ek wil nie hê dat sonde ons meer moet skei nie
Ek wil hê jy moet kom
Net soos wat jy is

My liefste kind
Ek vra jou om nader te kom
Asseblief, asseblief
Kom nou, net soos wat jy is

Dit maak My moeg
Sê Abba-Vader
As jy in jouself probeer doen
Dit wat net Ek in en deur jou kan doen

Net Ek kan jou heilig
Sê Abba-Heer
Net Ek kan jou help en leer
Om in My weë te loop

Hou op om te dink
Jy gaan My beindruk
Met jou werke
Liefste kinders nee!

Liefste kinders julle kan hoeveel goeie dinge doen
Julle kan hoe goed voel oor julleself maar as julle nie
Die sonde neerlê en waarlik vir My leef
Gaan julle dit nie maak

Dis die bloed van My Seun
Wat jou vergeef
Dis die werk van My Heilige Gees
Om jou heilig te maak

Liefste kind
Dis nie jou werk om My te probeer beindruk
Dis nie jou werk om aan te hou probeer in jou eie krag
Totdat jy vir jouself beter vertoon

My liefste kind
Met al jou goeie werke te saam
Sal jy nooit aan My
Hemelse standaarde voldoen

My liefste kind
Het jy vergeet
Julle het geval vir sonde
Julle moet julle weg terug na My vind

My liefste kind
Ek is vandag hier
Om vir jou te sê
Jy hoef dit nie alleen te doen

My Seun het Ek gegee
Om vir jou tekortkominge te betaal
My liefste kind asseblief glo My
In Jesus is jy goed genoeg

Hy het die verkeerd-doen
Vir jou gedra
Als wat jou weg gehou het van My
Sodat jy jou weg terug na My kon vind

My liefste kind
Luister asseblief
Die bloed van My Seun het jou gekwalifiseer
Geen aardse werke sal dit ooit kan doen

Hoekom hou jy aan
Om op jou eie te probeer?
Hoekom hou jy aan
Om op jou eie staande te bly?

My liefste kinders asseblief
Ek is die Een
Wat die skoonmaakwerk in julle lewens doen
Julle hoef en moet dit nie alleen doen

Ek vra julle om tot by die Kruis te vorder
Sê Yeshua
Ek vra julle om te kom
En waarlik julle sondes te bely

My liefste kinders
Wanneer julle dit doen
Sal julle ervaar hoe My Lig self
In julle kom woon

My Lig in julle
Sal julle leer en lei
Help om die regte dinge
Te begin doen

Julle sal sien
Dat dit sommer self gebeur
As julle dit net julle fokus maak
Om naby My te bly

My liefste kinders
Al wat Ek vra
Al wat Ek altyd vra
Is dat julle My lief sal kry

Want as julle My
Lief het
Sal julle luister
Wanneer Ek vra

Hou op om My te beindruk
Met jou goeie werke
Luister My kind
Maak seker jy kom uit by die Kruis

Maak seker jy word
Met die Gees vervul
Nooi My in
Dit is wat Hy sê

My liefste kinders
Ek sal julle leer
Ek sal julle lei
Al wat Ek vra is dat julle waarlik by die Kruis uitkom

Soveel van My kinders
Sê Abba
Soveel van My kinders
Wat in hulle eie krag probeer staande bly

Nee liefste kinders, nee
Vra My om jou te help
Wanneer jy sukkel
Wanneer jy swak is vra My

Dis hoekom Ek gestuur is
Sê die Heilige Gees
Om jou by te staan
In alles wat jy moet doen

Ek sal jou krag wees
Sê Hy
Ek sal die krag wees
Wanneer jy dink dat jy nie meer kan aangaan

Al wat Ek soek sê Abba
Is harte wat wil
Harte wat wil groei in liefde
En verhouding met My

Sal dit jy wees vra Abba-God
Sal jy My toelaat om deur My Gees
Die mooiste werk
In en deur jou lewe te doen?

My liefste kinders
Julle is vir soveel meer gemaak
Hoekom wil julle dit nie glo
Hoekom wil julle op julle eie kragte staatmaak?

My liefste kinders
Nee asseblief
Begin My net waarlik innooi
En Ek sal die werk in julle binneste doen

Julle hoef nie bang te wees
Julle hoef rerig nie in julle eie krag aan te hou probeer
Nee My liefste kinders, nee
Asseblief glo My, Ek weet wat Ek doen

Ek gee nie om wat jou struikelblok is nie
Sê Abba
Saam sal Ek en jy daaroor
Ek vra jou net om My die krag in jou bene te maak

Moenie op jou eie kragte staatmaak nie
Sê Abba
Maak staat op My krag
In jou

My liefste, liefste kinders
Kom uit by die Kruis
Kom gee waarlik alles oor vir My
En leer net om My liewer te kry

Dis al, al wat Ek vra
Kry My lief soos wat Ek jou het
Alles My liefste kind
Alles sal daaruit voortvloei

My liefste kind
Moenie bekommer oor môre nie
Moenie bekommer
Oor hoe dit gaan werk nie

Dis vir My om oor te worry
Nie vir jou
Ek weet wat Ek moet doen
Hou jy net jou hart en fokus op My

Liefste kind
Klein treetjies sal ons vat
Ek wil nooit die onmoontlike
In een dag doen

Nee sê Abba
Dis ‘n proses
‘n Proses van stelselmatige oorgee
En My met jou hele hart vertrou

Ek sal dit stadig vat
My liefste kind
Ek beloof
Stukkie vir stukkie dis al wat Ek vra

Kry My lief sê Abba
Asseblief groei net in liefde vir My
Dis al liefste kind
Dis al wat Ek vra

Geloof in My
Is ‘n wonderlike ding sê Abba
Kinders wat net glo
Kinders wat glo wanneer Ek vra

Halleluja, Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

0 thoughts on “Hulp van Bo”

Leave a comment