Ek nooi U in
In my hart
En in my lewe
O Here word my hoop
Lank genoeg
Het ek bly wegdwaal
Dit maak my moeg
Die gesoek na niks
Ek weet nie hoekom nie
Ek bly aan wegloop
Eintlik is al wat ek wil doen
By U bly
Ek raak moeg Hemel-Vader
Vir die weg hardloop
Alles wat my vat van U
Hoekom is dit nie meer pret?
Hoe kom ek terug
Is daar ooit nog hoop vir my?
Hoeveel keer het ek U verlaat
En elke keer het ek in die stof bly staan
Die lewe is nie meer lekker nie
Sonder U maak niks meer sin nie
Ek wil terugkom Vader-God
Asseblief sal U my kom haal?
Liewe kind
Dis wat jy moet doen
Gaan op jou knieë
Glo soos ‘n kind
Sê jy is jammer
Ek sal verstaan
Jou hart van berou
Dit sal My oortuig
Oor niks hoef jy
Dan meer te bekommer
Behalwe om seker te maak
Jy groei in My
Daar is altyd hoop vir beter
In My
Kan jy verstaan?
Ek hoop jy hoor My Woord
Liewe kind
In My gaan jy moet sterk word
In My gaan jy moet glo
Melk sal nie meer werk nie
Maak ‘n draai by My
Elke dag gaan jy moet hoor
Die stem van jou hart
Dit sal Myne moet word liewe kind.