Halleluja
Sal die engele
Vir altyd sing
God bly groot!
Ja daagliks
Verkondig hulle die grootheid
En almag van God
En oe hulle geniet dit so
Kinders
Ek wens julle wou dit glo
Dat hulle geen aanmoediging
Van My of enige iemand anders benodig
Ja sien
Ek in My glorie is genoeg
Om hulle elke dag in verwondering te hou
Vir hulle om elke dag voor My te bly neerbuig
Elke dag sien hulle
‘n Ekstra ietsie van My mooi
En dan kan hulle nie glo
Was dit nog altyd daar
Ja My liefste kinders
Ek wil julle vra
Om rerig te begin glo
Dat Ek rerig so mooi is
Kinders van My hart
Kinders van vandag
Begin asseblief glo dat Ek ewig mooi is
Is dit nie waarvan die engele al deur die eeue getuig?
Kinders begin julleself afvra
Hoekom sal die engele
Voor God se Troon bly neerbuig
As daar nie iets is wat hulle opgewonde hou
Ja liefste kinders
Soos kindertjies om My Troon
So is die engele dikwels
In verwondering oor wie Ek in My grootheid is
Hulle raak nooit moeg nie sê Abba-God
En hulle sal ook nie
Want om My te bly ontdek
Bly vir hulle die lekkerste ooit
Kinders Ek wil julle vra
Om asseblief ook soos die engele
Voor My Troon te raak
Begin bereid wees om My in groot vreugde te ontdek
Dis maar al wat hulle elke dag doen
Hulle sê en vra net
Heer wys ons meer
Wie is U?
Dis vir My altyd so lekker
Sê Abba-Vader
Wanneer hulle dit bly doen
Want dan weet Ek dat hulle My ook bemin
Ja dit beteken altyd vir My baie
Baie, baie sê Abba-Vader
Wanneer die engele en My kinders op aarde kom
Net om voor My Troon te aanbid
Dit sê vir My dat julle glo
Ek is waardig
Dit sê vir My julle glo
Ek is die lewendige God
o Kinders van My hart
Kom gerus nader
Nog ‘n bietjie
Ek wil jou meer van My wys
Oelala oelala
Dis al wat jy sal kan sê
Oelala God is groot
En Hy is waarlik wonderlik!
Kinders Ek sal julle nie probeer oortuig
Want julle sal self sien en ervaar
Waarvan die engele voor My Troon
Al vir eeue getuig
Ek gee hulle geen aanmoediging
Ek wys hulle net wie Ek is
Hulle val voor My Troon neer
Maak seker dat hulle My lof besing
Dit bly die mooiste mooi vir My
En My hart is so dankbaar daarvoor
Dat daar God se kinders is
Wat rerig in My glo
Ja sê Abba-God
Vir die kinders van Hom
Wat verlore en verdwaal
Op die aarde ronddwaal
Kom nader God se kinders, kom nader
Julle wat nog nie weet wie julle vir My is
Asseblief kom vind My in al My glorie
Ek wag vir jou
Amen.