My hart is sag
My hart is genadig
Is daar mense daarbuite
Wat My glo?
Ja sê Pappa-God
Dit is so
Selfs al is daar mense wat dit nie glo
Sal dit altyd so wees
Ek weet sê Pappa-God
Wat is reg
Wat is verkeerd
Ek sal julle leer
Kom net altyd nader
Vra Abba-God
Asseblief kinders
Moenie so vêr van My af bly
Julle is altyd
So-so bang om nader te kom
Vir julle wat nie kom
Hoekom is dit so?
Kinders asseblief
Glo vir Pappa
Aan die Kruis alreeds
Het Ek aanvaarding oor jou geskryf
Ja dogter, seun van My hart
Julle wat nie aldag glo
Dat Ek julle perfek liefhet
Hoekom is dit so?
Hoekom is julle harte altyd so seer
So swaar
Dis omdat julle
Na die vyand se leuens oor julle bly luister
Kinders wanneer
Wanneer gaan julle
God se woorde van waarde onthou
En daarvolgens leef?
Ai kinders
Kinders van Pappa se hart
Julle verloor so groot
Als omdat julle nie vir My wil hoor
Onthou julle waarde
Asseblief kinders, altyd
Onthou julle is duur gekoop
Onthou dat daar niemand presies net soos jy is
Kinders
Prinse en prinsesse
Het Ek julle in My Seun kom maak
Hoekom wil julle dit nie aldag glo
Die waarde wat julle elkeen
In My Seun besit
Kinders dis so groot
Kinders dis so mooi
Onthou dit asseblief altyd
Vra Pappa-God
Moenie ooit
Dat iets anders jou waarde bepaal
Is dit nou jou man, vrou of werk
Is dit nou jou kinders of die kar wat jy bestuur
Nee liefste kinders
Dit werk nie so
Vir baie, baie van julle
Word harde werk beloon
Maar kinders asseblief
Moenie dat dit ooit jou waarde bepaal
Julle is baie meer werd
Sê Pappa-God
As wat hierdie wêreld
Vir julle sê
Asseblief onthou dit altyd
Moenie kinders laat sy
Julle met mooi woorde verlei
En dan later haar rug op julle draai
Want kinders
Dis maar wat sy altyd doen
Ek wil dit graag vir julle sê
Weet dit asseblief vandag
Die waarde-bepaling van die wêreld
Is maar altyd wisselvallig
Sê Pappa-God
Hier vandag, weg môre
Kinders dis hoekom
Ek julle altyd-altyd vra
Moenie julle huis op die sand bou nie
Bou hom op die Rots wat ewig staan
Dit is wat jou waarde bepaal kind
Ek en wat Ek sê
Ek wat jou gemaak het
Ja, amen
Onthou dit altyd-altyd kinders
Asseblief moenie ooit julle rug op My draai
Ek gee meer om as wat julle ooit sal kan besef
Weet julle dit, waarlik vandag?
Altyd-altyd
Is Ek besig om die wêreld nader te nooi
Is Ek besig om vir hulle te vertel
Dat Ek alles besit
Alles is Myne
Kinders van God
Kinders van die wêreld
Asseblief onthou dit altyd
Ek weet dis seer
Sê Pappa-God
Baie dinge wat julle verloor
Baie dinge wat van julle weggevat word
Maar kinders onthou
Pappa-God sal vir julle teruggee
Beter
En meer
Kinders, kinders
Asseblief weet dit altyd
Hou op om julle huise op julle manier te bou
Asseblief probeer Myne
Amen.