Glorie Halleluja
Sing die engele voor ons Abba se troon
U is so heilig
U is so mooi ons Grote Koning
Pappa se kinders
As julle net vir ‘n oomblik kon sien
Hoe die engele
Voor My troon bly buig
Sou julle so graag
Ook deel daaraan wou hê
Dis omdat hulle in die volheid van My glorie
Bly staan sê Abba
Hulle kan nie anders nie
Hulle ontdek met elke asemteug
Nog ‘n stukkie
Van die mooi wie Ek is
Abba se kinders
Asseblief glo My
Julle sou dit so geniet voor My Troon
Dit sou vir julle ‘n ware plesier wees
Om voor My Troon te bly neerbuig
Omdat Ek so waardig is
Sê Abba
Sou geen harde werk vir julle wees
Julle sou dit net so uitbundig
Soos hulle doen
Sonder enige moeite
Met heel jul hart
Abba se kinders
Ek glo in julle
Ek wens julle het geweet
Presies hoeveel
Kinders van Abba
Ek is waardig, so so waardig
Weet dit vandag
Weet dit asseblief altyd
Amen.