Ware glo

Liewe kinders
Luister na die woorde van My hart
Ek gee om
En wil jou lei na ‘n plek waar vrede rus

Vrede in jul hart
Sonder die alewige geskree
Sonder harte wat baklei
Sonder huise waar rusie woon
 
Lewe begin by My
Ek is julle Ware Hoop
Vir die wat bereid is om te hoor
Vir die wat besluit om te kom
 
Liewe kind luister
Ek gee om
Is dit nie omtrent tyd
Dat jy rerig begin glo?
 
Glo in My
Maak My woorde jou eie
My kind so sal jy vind
Jou lewe het sopas begin
 
Hoopvol
Mooi
Geluk van oor tot oor
Maar dan moet jy kies om te glo
 
Ek wag vir jou
My arms wa-wyd oop
Liewe kind hou op afstel
Asseblief ek nooi jou nou
 
Kom nader
Asseblief gee die eerste treë
Ek wag vir jou
Asseblief kies om waarlik te begin glo.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment