Eie Gewin

Die Here is goed!
Voorwaar my woorde is te min
My begrip te klein
Wie is daar soos U?

My kind My liefde vir hierdie wêreld
Dit is enorm groot
Julle sal dit nooit verstaan nie
Dit is oneindig groot!

Julle hoef nie bang te wees vir My nie
Die wie lief is vir My
Hulle weet wie Ek rerig is
Hulle weet My hart is mooi!

My liefde verdien kinders wat My liefhet
Kinders vir wie niks te veel opoffering is nie
Kinders wat aanhou glo
Lou-wees hoe kan dit dan nog werk?

Hoe kan julle die wêreld en sy dinge
Bo My stel en tog sê jul glo in My
Kinders weet jul hoe dit lyk
Jul sê jul’s lief vir My tog kyk julle na dit wat beter vertoon as Ek?

Hulle binnegoet is verrot!
Daar’s wurms en als wat sleg is
Van buite lyk hul mooi
Dit is net vel-diep sê Hy

Kinders kyk verder
Kyk na die vrugte wat dit voortbring
Saam-slaap-voor-die-huwelik
Die wêreld sê dis mooi en hoe dit hoort

My kind, dit is mooi!
As dit gebeur soos Ek dit bedoel het
Is dit die pragtigste ding
Ooit!

Dit breek soveel harte
Dit veroorsaak soveel seer
Vir jong kinderharte
Wat moes aanhou glo daar is meer!

Daar is iets soos ware liefde
Ek sal jou wys watter een
Liewe kinders asseblief kom luister
Na die woorde wat Ek julle wil leer

My manier is Lewe sê die Heer
Dit is nooit te veel gevra
As jy die skatte kon sien wat dit vir jou inhou
Sou jy al vandag begin sê die Heer

My kinders dit is geloof
Met My gaan jy nie eers sien en dan glo nie
By My werk dit anders
Jy gaan moet glo en dan sal jy sien!

Baie van julle kom
Met ‘n koue voet begin julle die reis
Net om terug te draai na die wêreld en haar antwoorde
As julle sê nee wat dit neem te lank vir my!

Liewe kinders julle besef nie
Ek kyk reg deur julle harte
Jy kan hoe mooi lyk buite
Maar wat woon daarbinne?

Hoe moet Ek My hart deel
Met dié wat Ek weet
Is daar net vir hul eie gewin
Vir hulle wat sê wat kan ek hieruit kry?

Julle soek My vir jul seën
Julle is nie waarlik lief vir My nie
Julle misbruik My
Gebruik My net soos wat julle wil

Hoe kan Ek die rykdom van wie Ek is
Hoe kan Ek dit deel met jou?
Here today
Gone tomorrow

Nee liewe kinders
Ek soek dié wat in opregtheid wandel
Dié wat bedoel wat hul sê
Die wie waarlik omgee om liewer te word vir My

Daar is soveel van julle
Wat Jesus aangeneem het
Wat sê jul is Sy kind
Hoekom is dit waar julle stop?

Om Jesus te ken as Verlosser
Dit red jou van die Ewige Dood
Tog hou julle aan met dit wat ons weer skei
Mag Ek vra wat dan nou van My?

My kind Jesus is net die begin
Van daar moet jy begin verander liewe kind
My Gees sal jou lei
Gehoorsaamheid uit liefde dis al wat Ek vra

Hoe kan dieselfde simpel grappies
Nog snaaks bly liewe kind?
Nadat My lig Sy woning kom maak het?
Nadat jy My gevra het om te kom bly binne jou?

Liewe kind al wat Ek vra
Is ‘n omgee-hart wat oorgee
Soos wat jy groei in liefde en leer van My
So sal jy weet wat in die wêreld is rerig van My.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment