Die lofliedere
In my hart
Hulle sing en dans
Hulle is baie bly
Koning van my hart
U is so groot
U is so mooi
Ek kan nie genoeg van U kry
Dankie dat U my liefhet
Met ‘n liefde baie groot
Dankie dat U my ‘n kans gegun het
Om U te bemin
U is die mooiste mooi
U is die Een waaroor my hart sing
Liefste Koning U is goed
U is groot
Om U te bemin
Is so ‘n groot voorreg
Om U lief te hê
Die grootste voorreg in my hart
Dankie liefste Koning
Dat ek vir U kon ja sê
U liefde is so groot
U liefde is so mooi
Dankie Abba Vader
Liefdevolle Koning
Vir wie U is
Vir wat U beteken vir my
Ek loof en eer U Naam
Ek sing en is baie bly
My hart spring en dans
Want U my God, U is groot!
Halleluja! Amen!