Soveel mooier

Lê neer julle weë
Liewe wêreld
Lê neer julle weë
En tel op Myne

Myne is die enigstes
Wat na die LEWE lei
So sal julle hulle vind
As julle net op hulle wil kom loop

Hou op om dit te versuim
Hou op om dit te laat lê
Ek wil julle meer gee as wat julle kan droom
Maar dit gaan neem dat julle, julle drome kom neerlê

Liefste kinders begin vra
Na My drome vir julle
Hulle is soveel beter
Hulle is soveel mooier

Liefste kinders
Lê julle weë neer
Asseblief kom loop
Op Myne

Ek vra dit oor en oor
Want Ek wil hê julle moet hoor
Ek wil hê dit moet insak
‘n Diep plek in julle harte kry

Begin na Myne vra
Liefste kinders
Begin vra na Myne vir julle
Kom droom saam met My

Liefste kinders
My hart vir julle is so mooi
Ek wens julle kon dit sien
Ek wens julle kon dit vind

Kinders julle moet begin neerlê
Alles wat nie van My is
Julle moet begin neerlê
Alles wat My van julle skei

Ek kan julle nie bereik nie
Want daar is berge tussen ons
Ek wil jou bevry!
Maar net jy kan bely

Liefste liefste kind
Kom asseblief en bely
Abba Vader
Ek het verkeerd geloop

Liefste kind
Ek sal jou vergeef
My arms van liefde
Sal Ek om jou slaan

Daar is niemand soos Ek
Sê Abba Vader
Daar is niemand in hierdie wêreld
Wat jou ken en vir jou omgee soos Ek

Liefste kind, My kind
Sal jy asseblief kom
En kom uitvind
Wat Ek vir jou verborge hou

Liefste kind dit is so mooi
Jy sal dit so geniet
Jy sal sien dat ek die Lewe is
Jy sal sê ‘ek het gevind!’

Liefste kind
Kom hoor dan asseblief
Hoe bitter-baie Ek jou liefhet
En dat niks ons ooit sal kan skei

Dit maak nie saak
Wat in jou verlede lê nie
Ek maak alles nuut
Sê Abba-God

Al wat Ek nodig het
Is dat jy sal kom
En sal bely
Dat jy My nodig het

Asseblief liefste kind
Sal jy?
Sal jy kom
Oorgee en vertrou?

Daar is soveel lewe
Wat op julle wag
Lewe liefste kinders
LEWE

Wag dan nie
Hou op uitstel
Kom vandag
En weet dit Ek is by jou!

Baie dankie Abba Vader
Baie dankie
Aan U alleen
AL die lof en eer

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment