Weet jy dat Ek so baie graag
In jou hart wil woon
Vra Abba
Daar is niks wat Ek wil hê moet meer gebeur
Kinders van die wêreld
Kinders van My hart
Ek wil julle naby My hê
Ek wil hê ons moet saam lofliedjies sing
Kinders van die wêreld
Kom vertel asseblief vir My
Wat is dit wat julle teen My hou
Waar het Ek julle te na gekom
Julle moet verstaan
Dat Ek nie is soos die God
Waarvan julle baie praat
Maar nie veel van weet
Nee asseblief kinders
Julle moet dit nie meer doen
Julle moet kom soos julle is
Waarlik kom glo
Ek wag vir julle
Om die ware My te kom vind
Wie Ek is
En nie net wat wie van My wil sê
Ek het nie meer krag daarvoor
Om daagliks julle leuens aan te hoor
Nee kinders asseblief
Ek vra kom vind die waarheid oor My
Amen.