Verlore kind

Kind
Ek wil hê jy moet terugkom
Ek wil hê jy moet weet
Jou hemelse Pappa Hy mis jou

My liefste kind dis tyd
Dis tyd om terug huis toe te kom
Sê Pappa
Dis tyd om jou weg terug te vind

Na My sê Abba
Ja na My
Jou ware tuiste My kind
Dit is Ek

Dis by My
Dat jy waarlik sal ervaar
Ek het tuisgekom
Dit is waar ek hoort

Pappa se kind
Seun, dogter
Sal jy asseblief ophou om so te verdwaal
Tussen alles wat nie goed is vir jou

Pappa se kinders
Asseblief luister vir My
Dis tyd dat My verlore kinders
Terugkeer na hulle huis

My kinders
Asseblief hou op met wegdwaal
Kom vind My asseblief
Kom terug huistoe

Pappa se seun en dogter
Julle moet weet
Lank het Ek vir hierdie dag gewag
Ek is so bly hy is uiteindelik hier

Ja sê Pappa God
Word asseblief bly
My kind in jou binneste
Weet asseblief jou koms is lank verwag

‘n Bees gaan ons slag
Groot partytjie gaan ons hou
Ons moet feesvier
My kind is dan terug by My

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment